SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Celebs
Is Rox-Zee nou weer enkellopend?


Rox-Zee Veldhuizen (28)Foto: Instagram/Rox-Zee Veldhuizen

Op 24 Augustus het Rox-Zee Veldhuizen (28) van Boer soek ’n vrou-faam aangekondig sy is in ’n verhouding met JJ Stander, ’n 24-jarige boer van Piketberg.

Intussen het sy stilweg byna alle foto’s van haar en JJ van haar Instagram-profiel verwyder en haar Facebook-profiel dui aan sy het geen verhoudingstatus nie.

Dinsdag wou geeneen die twee sê of hulle nog in ’n verhouding is nie.

“Ek wil nie nou kommentaar lewer nie,” het Rox-Zee by navraag gesê.

Rox-Zee en JJ StanderFoto: Instagram/Rox-Zee Veldhuizen

“Ek wil van nou af my lewe meer privaat hou.”

Ook JJ het gesê hy verkies om sy lippe geseël te hou oor die onderwerp.

As die twee nie meer saam is nie, sal dit ’n tweede liefdesteleurstelling vanjaar vir Rox-Zee wees. Haar verlowing aan Réan Clasen, ’n deelnemer aan die 11de reeks van die kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou, is in die Paasnaweek verbreek.

JJ het daarna vir Rox-Zee op die maatsoek-app Tinder raakgesien. Hy het haar herken en by haar begin vlerksleep, het hy in ’n onderhoud met Huisgenoot gesê. Hulle het mekaar se ouers daarna ontmoet en amptelik op 11 Augustus vanjaar begin uitgaan. Die twee het ook in September op die voorblad van dié tydskrif gepronk.

“Maar natuurlik [gaan ons verhouding werk],” het Rox-Zeegesê.

“Ek gaan nie my tyd mors nie. Ek is 28. Ek wil babas hê, soos in gister!”

Rox-Zee het JJ se naam op haar Instagram-profiel gehad, maar dit is nou verwyder. Al die foto’s van hulle is ook weg, behalwe vir die heel eerste foto van hulle twee saam wat sy op 20 Julie geplaas het.

JJ se Instagram-profiel is privaat, maar sy Facebook-profiel dui aan hy is nog in ’n verhouding met haar. Hulle is ook nog vriende op Facebook en volg mekaar op Instagram.

Meer oor:  Rox-Zee Veldhuizen  |  Boer Soek 'N Vrou  |  Liefde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.