Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
'Ja, ek en Rox-Zee gaan uit', verklap nuwe kêrel

Die liefde blom opnuut vir Boer soek ’n vrou se Rox-Zee Veldhuizen.

Sy en JJ Stander van Piketberg – wat sy vroeër vandeesmaand as “net ’n vriend” beskryf het – is nou ’n paartjie.

“Ons date nou,” sê sy.

Rox-Zee was toevallig ook onlangs die model in ’n fotosessie met ’n troue-tema by die Mount Nelson-hotel in Kaapstad.

JJ Stander en Rox-Zee Veldhuizen Foto: Instagram

Volgens haar is sy genader vir die fotosessie, ’n gesamentlike projek van onder meer die fotograaf, ’n grimeerkunstenaar en ander belanghebbendes.

Die fotograaf Sulet Fourie sê op haar Facebookblad Sulet Fourie Photography onder die aanhef “Classic, Romantic, and Fabulous . . . Keep your heels, head and standards high! – Coco Chanel” twee trourokke spesiaal vir die fotosessie deur die trourok-ontwerper Alana Van Heerden gemaak.

Rox-Zee Veldhuizen
Rox-Zee Veldhuizen in een van die trourokke tydens die fotosessie by die Mount Nelson-hotel in Kaapstad. Foto: Facebook/Sulet Fourie Photography

Rox-Zee se verlowing aan Réan Clasen, ’n deelnemer aan die 11de reeks van die kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou, is vroeër vanjaar verbreek. Sy het toe reeds geld bestee aan haar eie trourok, wat in Londen gemaak is.

Dit was lekker om deel te wees van dié fotosessie, sê sy. Die romantiese foto’s het ook baie komplimente op sosiale media ontlok. Op ’n vraag of dit moeilik was om weer in ’n trourok te klim, sê sy: “Nee, nie meer nie.”

Rox-Zee het vroeër vanjaar na Kaapstad verhuis. Sy sê sy is dol op haar lewe in die Moederstad. “Dit voel soos my huis.”

Stander het by navraag gesê: “Ja, ek en Rox gaan uit. Ons is baie gelukkig saam en my voorspelling is ’n baie voorspoedige toekoms.”

Rox-Zee Veldhuizen
Rox-Zee Veldhuizen by ’n venster tydens ’n fotosessie met ’n troue-tema by die Mount Nelson-hotel in Kaapstad. Foto: Facebook/Sulet Fourie Photography
Rox-Zee Veldhuizen
Rox-Zee Veldhuizen met ’n kleurryke bos blomme. Foto: Facebook/Sulet Fourie Photography
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.