Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Krieketheld Kallis gaan pa word!
Charlene en Jacques Kallis op hul troudag in Januarie vanjaar. Foto: Instagram/Charlene (Engels) Kallis

Die krieketheld Jacques Kallis en sy vrou, Charlene, het Woensdag op Instagram bekend gemaak hulle verwag hul eersteling. Woensdag was ook Kallis se 44ste verjaarsdag.

Charlene het op Instagram ’n foto gedeel van hulle twee saam en gesê sy sukkel om aan ’n verjaarsdaggeskenk vir haar man te dink omdat hy reeds “alles het”.

Sy deel dan foto’s en video’s van hulle twee wat dans, en van hulle hul troudag. Dan deel sy ’n video van haar sonar en skryf daarby dat hulle hul gesin gaan uitbrei met ’n baba wat in Maart verwag word.

Op ’n laaste foto van die sonar skryf sy: “Veels geluk met jou verjaardag my lief!” Dit was nie net op sy verjaardag nie, maar ook die tyd wat hulle vyf jaar in ’n verhouding is.

Hulle is in Januarie vanjaar op ’n skilderagtige landgoed in die Overberg se Hemel-en-Aarde-vallei getroud. Die troue was nie sonder probleme nie omdat ’n brand in die omgewing uitgebreek het en ook Bona Dea, die landgoed waar hulle getrou het, se fynbos, olyfbome en wingerd gedeeltelik verwoes het.

Charlene se Instagram-profiel spog met al hul troufoto’s, waar sy in ’n prentjiemooi trourok onder meer haar bruidegom omhels.

’n Skermgreep van die sonarfoto wat Charlene op Instagram geplaas het. Foto: Instagram/Charlene (Engels) Kallis
Meer oor:  Jacques Kallis  |  Celebs  |  Swangerskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.