Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Jamie Oliver se restaurante in geldnood
Jamie Oliver se restaurantgroep skuld banke glo miljoene rande. Foto: Harry Borden/ Facebook

Die gewilde Britse sjef Jamie Oliver se restaurantgroep gaan onder finansiële administrasie geplaas word.

Dit raak al 25 restaurante wat hy in Brittanje besit, is Dinsdag bekend gemaak.

“Ek is regtig hartseer daaroor en wil net dankie sê aan al die personeel en ons verskaffers wat hul hart en siel vir ’n dekade lank in die onderneming gesit het,” sê Oliver (43).

Die steakrestaurant Barbecoa en Jamie Oliver’s Diner bly ook in die slag.

Oliver is wêreldbekend vir sy gewilde TV-reeks en die kookboeke wat hy skryf.

Meer as 1 000 werkgeleenthede is op die spel noudat die groep onder administrasie geplaas is. Administrasie is gewoonlik ’n poging om beskerming teen skuldeisers te kry en, afhangende van die situasie, te red wat daar te redde is.

Oliver is deur die BBC ontdek terwyl hy ’n sjef in Londen se River Café was. Hy het aanvanklik bekend geraak as die “Naked Chef”, nie omdat hy kaal was nie, maar omdat hy basiese rou produkte as bestanddele in sy kos gebruik het.

Hy het sy gewildheid gebruik om druk op politici uit te oefen om die probleem van vetsug onder kinders in Brittanje te takel.

Ander restaurantgroepe in Brittanje het ook reeds restaurante toegemaak, onder meer die Boparan-groep wat ’n derde van sy Giraffe- en Ed’s Easy Diner-restaurante toegemaak het, terwyl Carluccio’s, Prezzo, Strada en Gourmet Burger Kitchen ook in 2018 takke gesluit het. – Reuters

Meer oor:  Jamie Oliver
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.