Jeff Bezos, die rykste man in die wêreld, het $255 miljoen uitgehaal vir twee eiendomme in Los Angeles.
Dit is selfs vir Los Angeles, die speelplek van ryk sterre, ’n rekord.
Die een kopie is ’n huis van $165 miljoen vir sy meisie, Lauren Sanchez, in Beverly Hills.

Jeff Bezos en sy meisie, Lauren Sanchez. Foto: Getty Images
Netwerk24Foto: Getty Images
Die huis het selfs ’n vloer in wat glo eens Napoleon s’n was, berig The Daily Mail.
Die erf is enorm met terrasse, gastehuise, ’n tennisbaan en selfs ’n gholfbaan van nege putjies.
Die huis self hang ook glo vol skilderye van bekende Amerikaanse kunstenaars.
Bezos het nóg $90 miljoen vir ’n leë erf in die Enchanted Hill-landgoed, ook in Beverly Hills, betaal.

Die huis wat Jeff Bezos in Los Angeles vir sy meisie gekoop het. Foto: Google
Netwerk24Foto: Google