Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Jennifer Aniston ‘breek’ Instagram met dié foto

Jennifer Aniston het sommer met die intrapslag die internet “gebreek” nadat sy Dinsdag ’n Instagram-rekening geskep het en ’n selfie van haar saam met haar Friends-medesterre geplaas het.

“Nou is ons vriende op Instagram ook,” het Aniston by haar eerste inskrywing geskryf nadat sy op dié sosialemediaplatform aangesluit het.

Aniston wat in die verlede aangedui sy wil nie op sosiale media wees nie, het uiteindelik ingegee en vir haar ’n rekening geskep.

Haar foto van haar Friends het Instagram tydelik “gebreek” soos mense aangemeld het om die plasing te sien.

Aniston, Courteney Cox, Lisa Kudrow, Matt LeBlanc, David Schwimmer en Matthew Perry het vir agt jaar die rol van vriende in dié gewilde reeks vertolk en het almal op Aniston se selfie verskyn.

Friends het in September hul 25ste verjaarsdag gevier.

Jennifer Aniston en haar Friends het Instagram ‘gebreek’ nadat Aniston dié foto gedeel het. Foto: Instagram / jenniferaniston

Cox het ook verlede week die internet op hol gehad nadat sy ’n foto van haar saam met Aniston en LeBlanc gedeel het.

LEES OOK: Friends se kuiertjie het aanhangers op hol

Aniston het byna ses miljoen Instagram-volgelinge binne ’n dag gekry, terwyl amper agt miljoen gebruikers reeds aangedui het dat hulle van haar foto hou.

Baie bekendes het in die kommentare by Aniston se foto die aktrise op Instagram verwelkom.

Meer oor:  Friends  |  Jennifer Aniston  |  Instagram
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.