Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Jennifer Aniston verbeter koninklikes se rekord

Dit is amptelik – Jennifer Aniston is die rekordhouer vir die Instagram-gebruiker wat die vinnigste ’n miljoen volgelinge gekry het. Aniston het Dinsdag eers haar profiel op die sosialemediaplatform geskep.

Dié Hollywood aktrise het vir prins Harry en sy vrou, Meghan Markle, onttroon wat in April hul gesamentlike Instagram-rekening geopen het en binne vyf uur en 45 minute die miljoen kerf oorskry het, berig Guinness World Records.

Aniston het dié getal binne vyf uur en 16 minute behaal.

Sy het Dinsdag sommer met die intrapslag ’n foto van haar Friends-medesterre geplaas.

Op die foto saam met Aniston is Courteney Cox, Lisa Kudrow, Matt LeBlanc, David Schwimmer en Matthew Perry verskyn.

People berig dié 50-jarige aktrise se rekening het so baie aandag getrek, dat dit tydelik af was en slegs ’n boodskap, “jammer die blad is nie beskikbaar” gewys het.

Sowat ’n dag later het Aniston haar tweede inskrywing op Instagram gemaak waarin sy sê dat sy nie bedoel het om die sosialemediaplatform te “breek” nie en elkeen vir die “vriendelik en tegniese haakplek-verwelkoming” bedank het.

Popculture berig Aniston het Woensdag in ’n onderhoud op die program Jimmy Kimmel Live haarself beskryf as die “mees onwilligste persoon om ooit by Instagram aan te sluit”. Sy het wel erken sy het al ’n vals profiel geskep om eers daarmee vertroud te raak.

In die onderhoud kon sy nie regtig ’n rede gee oor hoekom sy besluit het om nou soos miljoene gebruikers by Instagram aan te sluit nie,

“So wat sê hulle? Doen dit net ... ek probeer net inhoud opbou, soos hulle sê,” het Aniston verduidelik.

Meer oor:  Instagram
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.