Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Jennifer Lawrence trou in geheim

Die Oscar-bekroonde aktrise Jennifer Lawrence (29) en haar kunshandelaar-kêrel, Cooke Maroney (34), het die naweek afgehak, berig People.

Jennifer Lawrence Foto: Getty Images

Lawrence en Maroney het glo by ’n herehuis in Newport in die Amerikaanse deelstaat Rhode Island getrou.

Bekendes soos Adele, die komediant Amy Schumer, die aktrise Emma Stone en Kris Jenner was onder die gaste wat genooi is.

Die skinderwebwerf TMZ berig die tweetjies het verlede jaar begin uitgaan en in Februarie verloof geraak. Hulle het 150 gaste na hul troue genooi.

Die Daily Mail berig die vieringe het Donderdagaand al begin en tot Sondagoggend geduur, met die paartjie wat Saterdag getrou het.

Die gaste moes hul selfone voor die troue inhandig sodat foto’s of inligting oor die troue nie uitlek nie.

Lawrence en Maroney het glo in die Belcourt-herehuis in Newport getrou en sy het glo ’n Dior-rok aangehad.

Cooke Maroney in 2009 saam met Vanessa Riding by ’n partytjie. Foto: Getty Images
Meer oor:  Jennifer Lawrence  |  Cooke Maroney  |  Celebs  |  Trou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.