Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Jennifer word 51 en ‘daar is net 1 soos sy...’

Met ’n gebaar amper reg uit bekruiperflieks soos Single White Female, Obsessed of The Roommate poseer die aktrise Courteney Cox in dieselfde uitrusting as haar vriendin Jennifer Aniston, kompleet met bril en pruik.

Cox erken egter self by dié selfie van haar en Arniston wat sy Woensdag op Instagram gedeel het, “dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie, daar sal altyd net een Jennifer Arniston wees”.

Die aktrise Jennifer Aniston het Dinsdag 51 jaar oud geword. Foto: Getty Images

Aniston het Dinsdag haar 51ste verjaarsdag saam met vriende by die Sunset Tower Hotel in Hollywood gevier, berig die skinderwebwerf TMZ.

“Veels geluk met jou verjaarsdag, my liewe vriendin @jenniferaniston. Ek is lief vir jou,” skryf Cox by dié foto op Instagram.

Ander eertydse Friends-kollegas het ook foto’s van die verjaarsdagmeisie gedeel.

Lisa Kudrow skryf by ’n foto van Aniston met ’n wit roos in die hand (maar waarvan ’n groot deel van haar kop afgesny is) sy weet net nie hoe om dit reg te kry om ’n foto behoorlik te deel nie.

“Altyd pragtig en raak net pragtiger. Baie geluk @jenniferaniston. Ek is lief vir jou,” skryf Kudrow.

Courteney Cox aap haar vriendin Jennifer Aniston na in dié selfie wat Cox Woensdag gedeel het. Foto: Instagram/ Courteney Cox

Matthew Perry deel ’n foto van hom en Aniston met vars, jong gesiggies uit hul Friends-dae.


View this post on Instagram

Happy birthday, Jenny!!!

A post shared by Matthew Perry (@mattyperry4) on



Meer oor:  Jennifer Aniston
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.