Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Jo Black: ‘Ghoemas my hoogtepunt’

Jo Black (36), die sanger en liedjieskrywer van Pretoria, sê dat Sondagaand se Ghoemas een van die hoogtepunte van die jaar was.

Black het sewe pryse gewen. Hy is as die manlike kunstenaar van die jaar en nuweling van die jaar aangewys. Sy album Skepe het die prys vir beste album van die jaar en digitale album van die jaar gewen, terwyl die liedjie “Skepe” ook as digitale liedjie van die jaar en gewildste liedjie van die jaar aangewys is. Hy het ook die prys vir beste verkoper ontvang.

Jo Black met twee van die sewe Ghoema toekennings wat hy Sondag gewen het. Foto: Simon Sonnekus

Black sê hy is tans in die ateljee besig om aan sy nuwe album te werk en kan nie wag om dit met almal te deel nie.

“Baie dankie aan Ghoemas en kykNET vir die geleenthede en die bydrae wat julle lewer tot die sukses van elke Afrikaanse kunstenaar in ons land,” sê hy.

Black bedank ook sy span by die musiekagentskap Inhoud Huis waaronder die liedjieskrywer Johan Vorster asook Rolene Strauss se man, D’Niel Strauss, is.

Die span van Inhoud Huis het Black en sy baard by ’n optrede by ’n restaurant in Pretoria raakgesien toe hy ná 16 jaar van musiekmaak besluit het om voltyds sy passie uit te leef.

Jo se van is eintlik Engelbrecht en hy het voorheen ’n boumaatskappy bestuur.

Hy kweek nou al vir twee jaar sy kenmerkende welige baard nadat hy dit in 2016 vir Movember (die jaarlikse gebeurtenis wanneer mans hul snor kweek ter bewusmaking van mansgesondheidskwessies) afgeskeer het. Dit was ter nagedagtenis aan sy oupa wat in 2015 aan kanker gesterf het.

Die trefferliedjie “Skepe” is gegrond op die gesegde: “A ship in harbour is safe, but that’s not what ships are built for.” Dit is deur Black self geskryf in samewerking met Johan Vorster en Christoph Kotze.

Black het in Desember 2016 opslae begin maak met “Skepe” toe sy heel eerste treffer Karen Zoid op iTunes uitgestof het. Hy is deur Engelse media beskryf as die Afrikaanse hipster wat opslae maak.

Skepe was ook die naam van sy eerste vollengtealbum.

Hy sien homself glad nie as ’n hipster nie, maar ag dit as ’n kompliment om as anders beskou te word.

Jo Black met sy dogters, Miané (7) en Dinieke (9), en sy vrou, Debbie. Foto: Facebook/DebbieEngelbrecht

Black is al amper tien jaar lank getroud met sy vrou, Debbie. Hulle het twee dogtertjies, Dinieke (9) en Miané (7).

Hy is nie skaam om in die vroue in sy huis se produkte in te vaar om sy baard in toom te hou nie.

“Ek versorg dit maar met Hello Kitty Detangling Spray,” sê hy.

Black bedank Debbie omdat sy deur alles by hom gestaan het en sê ook dankie vir Dinieke en Miané.

“2017 was een yslike jaar gewees en 2018 raak net nog groter. Ek sien baie uit na wat nog op pad is,” sê hy.

Black het ook ’n projek, Be That Guy, begin om kinders oor die land heen aan ’n positiewe ingesteldheid te help bou.

Meer oor:  Ghoemas  |  Jo Black  |  Vermaak  |  Celebs  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.