Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Jo Black se operasie ’n sukses

Die dringende operasie wat die sanger Jo Black Sondag ondergaan het, was suksesvol.

Die sanger se bestuurspan het dié aankondiging Sondagmiddag laat op Flagship Productions se Facebook-blad gemaak.

Luidens die inskrywing sal Black die volgende paar weke buite aksie wees om te herstel.

Sy aanhangers is bedank vir elke gebed, hul belangstelling en ondersteuning gedurende hierdie tyd.

Die sanger sou aanvanklik eers oor twee weke geopereer word, maar sy toestand het só verswak dat die operasie vervroeg is.

Twee van sy nekwerwels het gedisintegreer en druk op ’n senuwee geplaas. Dit het geweldige pyn en swakheid in sy linkerarm veroorsaak.

Sy bestuurspan het Vrydag op Facebook gesê spesialiste is bekommerd dat die geringste stamp tot permanente verlamming kan lei, daarom moet hy so gou moontlik geopereer word.

Black het dieselfde dag op dié sosialemedia-platform sy aanhangers verskoning gevra dat hy sy vertonings moes kanselleer.

“Op aandrang van my dokter kan ek die operasie nie langer uitstel nie. Ek moet so gou as moontlik geopereer word. My toestand het in die laaste twee weke so verswak dat dit amper onmoontlik word om op die verhoog te staan. Ek vra weer eens om verskoning aan elkeen wat na een van my shows toe wou kom, as ek dit anders kon hê, sou ek,” het hy geskryf.

“Baie dankie vir al die gebede, ondersteuning en elke persoon wat saam vertrou dat dié net nog ’n getuienis in wording is. Sien julle binnekort.”

’n Facebook-blad, Ons bid vir Jo Black, is geskep waar aanhangers hul ondersteuning kan betuig.

Meer oor:  Jo Black  |  Operasie  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.