Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
John Legend jongste lid van eksklusiewe klub

John Legend het pas die jongste lid van die eksklusiewe EGOT-klub geword.

Sir Andrew Lloyd Webber, John Legend en sir Tim Rice is Sondagaand vereer vir hul werk aan Jesus Christ Superstar, ’n regstreekse uitsending van dié gewilde musiekblyspel. Al drie is ook nou lede van die eksklusiewe EGOT-klub. Foto: AP

EGOT is vir die vier grootste toekennings in die vermaaklikheidsbedryf: die Emmy-, Grammy-, Oscar- en Tony-toekennings.

John Legend met die Emmy wat hom nou lid van die EGOT-klub maak. Foto: AP

Die 39-jarige Legend het Sondagaand ’n Emmy vir sy vertolking van Jesus in Jesus Christ Superstar gewen.

Legend het in 2015 vir sy liedjie “Glory” in die rolprent Selma ’n Oscar gewen. In 2017 is hy met ’n Tony vir sy rol as medevervaardiger van die Broadway-produksie “Jitney” vereer. Hy het ook al talle Grammys verower.

Legend is die 14de lid van die EGOT-klub. Ander wenners sluit in Audrey Hepburn en Mel Brooks.

Sir Andrew Lloyd Webber en sir Tim Rice het hulle Sondagaand saam met Legend by die EGOD-klub aangesluit.

Legend se vrou, Chrissie Teiger, het op sosiale media gewys hoe haar man sy Emmy op sy kas by al sy ander toekennings sit.

- CNN

View this post on Instagram

And I say hey, what a wonderful kind of day

A post shared by chrissy teigen (@chrissyteigen) on


Meer oor:  Egot-Klub  |  John Legend  |  Vsa  |  Toekenning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.