Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Johnnie Walker vereer Trevor, Chad

Die gewilde Johnnie Walker-whisky-handelsmerk het onlangs ’n paar prominente Suid-Afrikaners vereer as deel van sy nuwe veldtog om Suid-Afrikaners aan te spoor om optimisties te bly en hul bydrae te lewer.

Trevor Noah

Bekende persoonlikhede soos die komediant en aanbieder van The Daily Show Trevor Noah, die swemmer Chad le Clos en die aktrise en sakevrou Enhle Mbali is Dinsdag by ’n geselligheid in Johannesburg vereer.

Enhle MbaliFoto: Peter Abrahams

“Ons het besluit om die kollig te laat val op prominente Suid-Afrikaners wat bygedra het tot die nasie se groei in tye van uitdagings, onsekerheid en oorgang,” sê Zumi Njongwe, bemakeringsdirekteur by Diageo, wat die Keep Walking-veldtog van stapel gestuur het.

“Elke Suid-Afrikaner – ongeag of hulle in die openbare oog is of nie – het ’n rol om te speel en ’n storie om te deel. Deur ons helde te vereer en te onthou hoe ver ons as nasie al gekom het, hoop ons om Suid-Afrikaners te inspireer om voort te gaan, om te ‘Keep Walking’ soos Johnnie Walker se slagspreuk lui.”

Die veldtog stel ook ten doel om elke mylpaal te vier wat uit egte, inspirerende stories spruit.

Volgens ’n verklaring wil verbruikers nie meer voorgeskryf word nie en soek hulle na handelsmerke waarmee hulle hul stories op ’n outentieke manier kan vertel.

Chad le ClosFoto: Midmar Mile Media
Meer oor:  Trevor Noah  |  Chad Le Clos  |  Enhle Mbali  |  Whiskey  |  Veldtog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.