Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Jolie raak van regter ontslae wat oor kinders moes beslis

Angelina Jolie se aansoek om John Ouderkirk as regter van haar en Brad Pitt se skeisaak te skors, is goedgekeur.

CBS News berig die aansoek tot Ouderkirk se skorsing van hul saak is Vrydag in ’n streekhof in Kalifornië goedgekeur. Die twee akteurs het hom as ’n private regter aangestel om hul egskeiding, wat veral handel oor wie toesig tot hul kinders sal kry, te behartig.

Die skorsing is toegestaan omdat die hof bevind het dat Ouderkirk versuim het om erkenning te gee aan die sakeverhouding tussen hom en lede van Pitt se regspan, berig The Guardian.

In die hof se uitspraak het hulle gesê die regter het deur hierdie inligting te weerhou, hom skuldig gemaak aan die skending van sy etiese kode.

Angelina Jolie en Brad Pitt

Jolie se aansoek tot Ouderkirk se skorsing volg nadat hy in Mei vanjaar beslis het dat Jolie en Pitt gedeelde toesig oor vyf van hul ses kinders sal hê.

Hulle is Pax (17), Zahara (16), Shiloh (15) en die 13-jarige tweeling, Vivienne en Knox.

Die oudste kind, Maddox (19), word nie in die stryd in oorweging geneem nie.

Die BBC berig dat Jolie se regspan nog nie op die skorsing kommentaar gelewer het nie, maar dat hulle verneem sy het gevoel nie sy of die kinders het ’n regverdige verhoor gekry nie. Sy het ook vir Ouderkirk veroordeel omdat hy nie die kinders toegelaat het om tydens die verhoor te getuig nie.

Die uitspraak sal beteken dat die regsaak oor wie die kinders se primêre toesighouer sal wees, van voor af voor ’n nuwe regter sal plaasvind.

Jolie het Pitt in 2016 gedagvaar vir ’n egskeiding ná twee jaar van getroude lewe. Sy het haar destydse besluit toegeskryf aan “onversoenbare verskille” tussen die twee Hollywood-sterre. Voor hul troue in 2014 was die twee 10 jaar lank ’n paartjie.

Hul egskeiding is in 2019 gefinaliseer terwyl die toesig-stryd steeds voortgaan nadat ’n aanvanklike reëling in 2018 tussen die twee verbrokkel het.


Meer oor:  Brad Pitt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.