Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Julie Andrews vir haar leeue-aandeel in bedryf vereer

Die veteraanaktrise Julie Andrews het Maandag die Golden Lion-eerbewys tydens die Venesiese rolprentfees gekry.

Actress Julie Andrews kisses her Golden Lion for L
Julie Andrews het Maandag die Golden Lion-eerbewys by die Venesiese rolprent gekry. Foto: Arthur Mola/Invision/AP

Andrews (83), bekend om flieks soos Mary Poppins (1964) en The Sound of Music (1965), het dié beeldjie van ’n leeu op die snoet gesoen toe sy tydens die oorhandiging afgeneem is.

Andrews het gesê sy is “geseënd” om ’n lang, roemryke rolprentloopbaan te kon volg.

“Ek staan steeds in verwondering dat ek so ’n gelukkige meisie was wat sulke wonderlike rolle aangebied is.”

Sy het in 1965 ’n Oscar as beste aktrise vir haar rol in Mary Poppins losgeslaan. Sy het haar loopbaan as kind in die West End-teater in Londen begin en later op Broadway in New York haar stempel afgedruk.

Mary Poppins, gegrond op die gelyknamige boekreeks deur P.L. Travers, het van haar ’n internasionale ster gemaak. Sy het later in flieks soos Victor/Victoria (1982) en The Princess Diaries (2001) verskyn.

Haar jongste werk is die vertolking van een van die stemme in 2018-rolprent Aquaman.

Met die aankondiging vroeër vanjaar dat Andrews gekies is om te eerbewys te ontvang, het sy gesê sy voel “so geëerd”.

“Die Venesiese rolprentfees word lankal as een van die wêreld se mees gerekende internasionale rolprentfeeste beskou,” het sy toe gesê.

“Ek bedank die La Biennalle vir dié erkenning van my werk en ek sien uit daarna om in September in daardie pragtige stad vir hierdie besonderse geleentheid besoek af te lê.”

Andrews was met die regisseur Blake Edwards, bekend om flieks soos Breakfast at Tiffany’s en die Pink Panther-fliekreeks, getroud. Hy is in 2010 dood.

Meer oor:  Julie Andrews  |  Aktrise  |  The Sound Of Music  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.