Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Justin Bieber sê hy lyk sleg weens siekte
Justin Bieber sukkel met sy vel, energie en algehele gesondheid. Foto: Getty Images

Die Kanadese sanger Justin Bieber het onthul dat hy sleg lyk omdat Lyme-siekte, ’n tipe bosluiskoors, by hom gediagnoseer is.

“Terwyl ’n klomp mense sê ‘Justin Bieber lyk sleg, asof hy op tik is of iets’, het hulle nie besef dat ek onlangs Lyme-siekte opgedoen het nie,” sê Bieber in ’n Instagram-plasing.

Hy sê nié net het hy Lyme-siekte nie, maar hy sukkel ook met chroniese mononukleose (klierkoors) wat sy vel, breinfunksie, energie en algehele gesondheid aantas.

Lyme-siekte is ’n bakteriële infeksie wat deur bosluise oorgedra word. Dit is ’n potensieel verswakkende siekte wat langtermynsimptome soos moegheid, gewrigspyn, artritis, gesigsverlamming en neurologiese afwykings kan veroorsaak as dit onbehandeld gelaat word.

Bieber het sy aanhangers belowe dat hy ’n inskrywing op YouTube sal plaas waarin hy meer sal verduidelik oor wat hy al alles oorkom het.

Hierdie inskrywing volg nadat Bieber in September onthul het dat hy ’n stryd teen dwelms en depressie voer. Hy het tóé erken dat hy as 19-jarige dwelms begin gebruik het en dat hy al sy verhoudinge misbruik het.

“Ek het hatig, kwaad en oneerbiedig teenoor vroue geword. En ek het weggebreek van almal wat lief was vir my. Ek het ’n dop geword en daaragter weggekruip. Dit het gevoel of ek nooit sal kan verander nie,” het Bieber in September geskryf.

Hy het ook gesê dat dit sommige oggende moeilik is om met die regte houding uit die bed te klim wanneer sy verlede, werk, verhoudings, emosies, familie, finansies en verantwoordelikhede hom oorweldig.

Bieber sê in die jongste inskrywing oor sy Lyme-siekte dat hy ’n rowwe paar jaar agter die rug het, maar hy ontvang die regte behandeling.

Die Kanadese sanger Justin Bieber. Foto: Getty Images

Meer oor:  Justin Bieber
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.