Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Justin Bieber verstaan nie sy huweliksbelofte

Die Kanadese popster Justin Bieber het sonder om te blik of te bloos vir die huweliksbevestiger gevra “wat beteken” sekere woorde in sy troubelofte.

Justin Bieber en sy vrou, Hailey. Foto: Instagram

Bieber (25) en Hailey Baldwin (21) het op 30 September in die Montage Palmetto Bluff-hotel in Suid-Carolina getrou, berig Mail Online.

Dit was Bieber en Baldwin se tweede troue nadat hulle vroeër in die landdroshof getrou het.

Die tweede keer het dié paartjie voor verskeie sterre, soos Kendall en Kylie Jenner van die TV-werklikheidsprogram Keeping up with the Kardashians, Jaden Smith en Usher getrou.

Usher het vir hulle gesing terwyl hulle die troukoek gesny het, berig Metro.

“As ’n teken en belofte van ons voortdurende bewys van liefde . . .” het Justin gesê voordat hy gevra het “as ’n teken?”, berig Metro.

In dié stadium het Hailey begin giggel terwyl sy kyk hoe haar man probeer om die troubelofte te herhaal.

Bieber het daarna gevra: “Wat beteken dit?”

Al die gaste het begin lag waarop Bieber geantwoord het: “Dit gebeur met die beste van ons, nie waar nie?” berig Metro.

As ’n teken en belofte van ons voortdurende bewys van liefde . . .

Die paartjie het uiteindelik hul troubeloftes afgelê en mekaar hartstogtelik gesoen. “Die dag was andersins perfek,” het Haley gesê, berig Metro.

Bieber het dié intieme geleentheid met sy aanhangers gedeel in die dokumentêre reeks Seasons. Dié aflewering is getiteld “The Wedding: Official Mr & Mrs Bieber”.

Dié video bevat ook spesiale oomblikke wat tot hul groot dag gelei het, berig Bazaar.

Die video begin met die paartjie se vaart waar albei van vreugde skree.

“Ons is getroud!” “Ek is getroud!” “Amper. Môre!” het Bieber op die boot geskree.

Meer oor:  Justin Bieber
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.