Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Kanye West wil president word

Die Amerikaanse kletsrymer Kanye West het Saterdag aangekondig hy gaan vir die presidentskap staan in ’n oënskynlike uitdaging aan pres. Donald Trump en sy vermoedelike mededinger uit die Demokrate se geledere, die voormalige visepresident Joe Biden.

“Ons moet nou die belofte van Amerika verwesenlik deur op God te vertrou, ons visie te verenig en ons toekoms op te bou. Ek gaan vir president van die Verenigde State staan,” het West, ’n groot ondersteuner van Trump, op sy Twitter-blad geskryf en ’n emoji van die Amerikaanse vlag en die hutsmerk “# 2020Vision” bygevoeg.

Kanye West en sy vrou Kim Kardashian. Foto: Reuters

Dit was nie onmiddellik duidelik of West, vier maande voor die verkiesing op 3 November, ernstig daaroor is om om die presidentskap mee te ding of dat hy enige amptelike dokumente ingedien het om op stembriewe te verskyn nie.

Die sperdatum om onafhanklike kandidate by die stembrief te voeg is in verskeie state nog nie afgehandel nie.

West en sy ewe beroemde vrou, Kim Kardashian West, het Trump al by die Withuis besoek.

In Oktober 2018 het West gesê hy is met bipolêre gemoedsversteuring gediagnoseer, wat volgens hom eintlik ’n gebrek aan slaap is. Hy het toe onsamehangend gepraat oor alternatiewe heelalle in ’n toespraak wat deurspek was met obseniteite.

Elon Musk, die uitvoerende hoof van Tesla, ’n vervaardiger van elektriese motors, wat ook bekend is vir sy eksentrieke uitbarstings, het in ’n Twitter-boodskap sy volle ondersteuning aan West vir die presidentskap gegee.

- Reuters

Meer oor:  Kanye West  |  Donald Trump  |  Elon Musk  |  Presidentsverkiesing  |  Presidensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.