Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Kardashian ‘vries’ ook FB-rekeninge uit protes

Kim Kardashian West gaan ook haar Facebook- en Instagram-rekeninge vries as deel van die veldtog Stop Hate for Profit wat die wêreld se grootste sosialemediamaatskappy vra om die verspreiding van haat en propaganda op sy platforms hok te slaan.

“Vals inligting wat op sosiale media gedeel word, het ’n ernstige impak op ons verkiesing en ondermyn ons demokrasie,” het Kardashian West Dinsdag op Instagram geskryf en haar gewig agter die veldtog teen Facebook ingegooi.

Sy het 188 miljoen Instagram-aanhangers, terwyl meer as 29 miljoen mense haar op Facebook volg.

Die akteurs Kerry Washington, Jennifer Lawrence en Sacha Baron Cohen het ook Dinsdag getwiet en op Facebook gevra dat meer gedoen word.

Die akteur Ashton Kutcher, wat miljoene aanhangers het en ook gaan deelneem aan die boikot, het gesê “hierdie instrumente is nie gebou om haat en geweld te versprei nie”.

Die veldtog, wat burgerregtegroepe vroeër vanjaar begin het, het in Julie die steun van honderde groot maatskappye gekry. Hul advertensieboikot teen Facebook het egter nie ’n groot effek gehad nie.

Vandeesweek het organiseerders mense aangemoedig om ’n boodskap te plaas oor die skade wat Facebook berokken en Woensdag hul gebruik van Instagram op Facebook vir 24 uur te “vries”.

Facebook, wat Instagram ook besit, het voorheen gesê hy doen stappe om waninligting aanlyn te pak, berig The Guardian.

Die feit dat Kardashian West, ’n sakevrou en realiteit-ster met een van die meeste Instagram-aanhangers ter wêreld, haar rekeninge “vries”, sal Facebook se beeld waarskynlik knou – veral wat sy verhouding met bekendes betref.

Volgens twee voormalige werknemers bestee die maatskappy aansienlike hulpbronne aan “vennootskappe” met bekendes. Toegewyde spanne hanteer spesiale versoeke en die sterre kry vroeë toegang tot nuwe produkte.

Facebook het nie onmiddellik op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.

Die maatskappy het voorheen gesê hy sal saamwerk met burgerregtegroepe om meer maniere te ontwikkel om haatspraak te beveg, hoewel die groepe sê dat bestuurders nie veel gedoen het nie. Reuters

Meer oor:  Kim Kardashian West  |  Stop Hate For Profit  |  Vries  |  Protes  |  Fb-Rekening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.