Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Karlien: ‘Ek vra God ook om my dogter gesond te maak’
Elah Breytenbach
Elah pronk gereeld op haar ma, Karlien van Jaarsveld, se sosialemediaplatforms. Foto: Instagram/Karlien van Jaarsveld

Die sangeres Karlien van Jaarsveld het onlangs haar hart op sosiale media oopgemaak oor haar dogter, Elah (2), se siekte, en haar verhouding met God.

In haar inskrywing op Instagram skryf sy haar verhouding met God is baie soos haar verhouding met haar man, Joe Breytenbach.

Sy praat met Hom, baklei met Hom en soms lê sy teen sy bors.

“Ek vra Hom alles. Ek vra Hom ook om my dogtertjie asseblief gesond te maak,” lui die inskrywing.

Elah is ’n dapper meisie en was al voorheen baie keer in die hospitaal, waaroor die media berig het.

Karlien van Jaarsveld se dogter, Elah (2), tydens haar besoek aan die hospitaal. Foto: Instagram/ Karlien van Jaarsveld

Netwerk24 het Ronel Brink, Karlien se bestuurder en ma, om kommentaar gevra oor Elah se besoek aan die hospitaal, maar sy het gesê Karlien het reeds alles op Instagram gesê.

In die inskrywing skryf Karlien haar dogter is nie met die toestand gebore nie. “Ai Elah. Mamma wens die pad kan tot ’n einde kom. Ek wens dat jy net finaal totaal genees kan wees van hierdie toestand wat veroorsaak was deur ’n chirurg wat ’n lyn in jou naeltjie ingesit het toe jy op 34 weke gebore was. Hierdie hospitaal besoeke laat my deur ’n warboel van emosies gaan, van dink daaraan om net die saak verder te vat en die dokters wat foute gemaak het op jou te laat betaal vir wat hulle aan jou gedoen het.”

Karlien sê in haar inskrywing dit is ’n moeilike werklikheid wat hulle elke drie tot ses maande moet deurmaak en die besoeke raak nou moeiliker.

“Sy baklei langer teen die gif wat haar aan die slaap moet maak. Sy skop, slaan en skree meer in die teater want sy weet meer. Die kyk in haar smekende ogies wat my vra ‘hoekom laat jy hierdie toe Mamma?’, breek my hart in ’n miljoen stukke want ek weet ek kan haar nie verduidelik nie.”

Sien ook Karlien se Facebook foto oor Elah se hospitaal besoek hier


Meer oor:  Karlien Van Jaarsveld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.