Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Karlien en kroos in ongeluk

Karlien van Jaarsveld was Dinsdagoggend in ’n motorongeluk toe ’n vragmotor in Garsfonteinweg in Pretoria in haar vasgery het.

Sy was op pad om haar kinders by die skool af te laai toe die ongeluk gebeur het.

In ’n Instagram-plasing sê sy sy en haar kroos is ongedeerd.

In die reeks foto’s kan gesien word hoe die kantspieëltjie van haar Toyota Fortuner afgeruk en die bakwerk gekrap en geduik is.

“Dit is hoe my oggend begin het . . . op pad om die kids skool toe te vat, ry ’n trok in ons vas,” lui haar inskrywing.

Sy het ook haar dank teenoor Chris, ’n omstander, en Augestine, ’n verkeersreguleerder van Outsurance, betuig nadat hulle haar gehelp het.

“Ons is darem almal oukei,” het sy gesê.

Ronel Brink, Van Jaarsveld se ma en agent, het by navraag gesê sy en haar kroos is nie eens geskok ná die botsing nie. Die vragmotor het volgens Brink baie stadig gery.

“Die kinders het nie eers gehuil nie en almal is ongedeerd. Toe die vragmotor in hulle vasry, sê een van die tweeling: ‘Oeps, nou is daar ’n ongeluk’.”

Volgens Brink het Augestine die leviete aan die vragmotorbestuurder voorgelees, juis omdat dié deel van Garsfonteinweg berug is dat vragmotors kanse vat. “Sy het lekker met hom geraas.”

Meer oor:  Karlien Van Jaarsveld  |  Pretoria  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.