Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Karlien leer vir eie boek om meer as eiers te kook

Die sangeres Karlien van Jaarsveld het haar reputasie vir bedenklike kookvernuf omskep in ’n briljante sake-idee: ’n Kookboek met resepte wat selfs Karlien kan maak.

Die omslag van Karlien van Jaarsveld en Izelle Hoffman se kookboek, Karlien kan nie kook nie!

Haar kookboek, Karlien kan nie kook nie!, is Vrydag bekend gestel.

Dit kom nadat sy jare lank gespot is.

In September 2016 het sy wyd opslae gemaak toe sy op Twitter gesê het sy is “fisies sooo geïrriteerd...jy kan ’n eier in my h*l kook” (sic).

Haar eksman, Derick Hougaard, het geantwoord deur te sê “dit sal die eerste keer wees wat sy iets kook”.

Volgens hom het hy maar honger gely gedurende hul huwelik.

Sy raak nou net al hoe beter.  
Karlien se ma, Ronel Brink.

Maar dít het duidelik verander en aanleiding gegee tot die kookboek, wat saamgestel is in samewerking met die leefstylsjef Izelle Hoffman.

Die boek bevat 50 resepte wat alles insluit van trooskos tot familiekos en lekkernye vir die kroos.

Daar is boonop ook maklike romantiese etes vir twee en al die geregte is vinnig en so maklik dat enigeen dit kan maak – “selfs Karlien”.

Die sangeres Karlien van Jaarsveld, wat ook bekend is daarvoor dat sy nie handig in die kombuis is nie, het Vrydag haar kookboek, Karlien kan nie kook nie!, bekend gestel. Die boek is geskryf in samewerking met Izelle Hoffman, wat die sangeres in die boek touwys maak agter die stoof. Foto’s Verskaf

Volgens haar ma, Ronel Brink, is haar dogter nie deesdae net handiger in die kombuis nie, sy kan nou baie lekker kook.

“Haar man (Joe Breytenbach) was nog altyd lief vir kosmaak en dit het haar aangespoor om meer te leer en nou raak sy net al hoe beter,” sê Brink

Volgens haar het Karlien veral ’n slag met Thai-hoenderkerrie.

Die boek word uitgegee deur Lapa Uitgewers.

Meer oor:  Karlien Van Jaarsveld  |  Kookboek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.