Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Karlien se ma kap Derick op Instagram

Ronel Brink, Karlien van Jaarsveld se ma, het omstreeks middernag met 'n inskrywing op Instagram uit haar oogpunt verduidelik wat daartoe gelei het dat die gewilde sangeres Dinsdagaand om hulp gevra het om haar kinders op te spoor toe hulle skynbaar ’n ruk lank vermis geraak het.

Sy skryf op sosiale media dat sy 'n ouma van ses is en sy vra mense op sosiale media wat haar en haar dogter gekritiseer het of hulle nie dieselfde sou doen en hul kinders op elke manier moontlik sou probeer opspoor nie.

'n Betraande Van Jaarsveld het Dinsdagaand op Instagram 'n beroep op mense gedoen om haar asseblief te laat weet waar haar kinders is, as iemand dalk enige kennis het van waar hulle hul bevind.

Van Jaarsveld het geskryf haar kinders is saam met haar eksman, Derick Hougaard. Hougaard en die kinders het Jacaranda FM en Spar se Carols by Candlelight-geleentheid by Loftus Versfeld in Pretoria bygewoon.

Volgens Brink se inskrywing was daar verskeie getuies wat glo gesê het Hougaard is onder die invloed van drank.

Brink skryf dat haar dogter haar gevra het om die kinders by Loftus te gaan haal nadat getuies Hougaard sien rondval het. Sy beweer Hougaard het in 'n stadium die kinderoppasser ontduik en vir 'n uur lank met die seuns verdwyn.

ronel brink instagram
Ronel Brink se inskrywing op Instagram.

Hougaard het intussen op sosiale media geskryf dat die kinders veilig by hom is. Hy het Van Jaarsveld daarna " 'n slegte mens" genoem.

Hy skryf dat enigiemand wat haar ken, weet dat sy al 30 is, maar dat haar ma steeds haar probleme moet uitsorteer.

* Dele van die inskrywing is gesensor weens lasterlike bewerings.

derick hougaard
Derick Hougaard se twitterinskrywing laat Dinsdagaand.
derick hougaard
Hougaard beskuldig Van Jaarsveld daarvan dat haar ma haar probleme moet uitsorteer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.