Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Keanu 1ste keer saam met meisie op rooi tapyt

Daar was geen spoed betrokke toe die Kanadese akteur Keanu Reeves vir die eerste keer in meer as 20 jaar met ’n vrou aan sy sy op die rooi tapyt verskyn het nie.

Die tonge het geklap toe Reeves (55) Saterdag by ’n kuns- en filmgala in Los Angeles saam met die kunstenaar Alexandra Grant (44) opdaag, berig ET Online.

Die twee het hande vasgehou.

Hollywood Life berig dit is die eerste keer in 35 jaar dat Reeves saam met ’n metgesel op die rooi tapyt verskyn.

Reeves en Grant ken mekaar al sedert 2011 nadat sy saam met hom aan sy boek Ode to Happiness gewerk het.

Dit was Reeves se eerste boek, terwyl dit ook Grant se eerste illustrasies was, berig People.

Dit is egter nie die eerste keer dat Reeves en Grant saam afgeneem is nie. Hulle is ook verlede jaar in Oktober afgeneem toe hulle saam gaan eet het, sowel as in Februarie vanjaar toe hulle saam ’n onderhoud oor hul uitgewersmaatskappy toegestaan het.

Die kunstenaar Alexandra Grant en die Kanadese akteur Keanu Reeves. Foto: Getty Images

Meer oor:  Keanu Reeves
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.