Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Keith Richards kry SA skoonseun

’n Suid-Afrikaner gaan trou met die dogter van die bekende Keith Richards, kitaarspeler van die legendariese rockgroep The Rolling Stones.

Alexandra Richards (32), Keith (75) se dogter, het Dinsdag op Instagram aangekondig sy gaan trou met Jacques Naude (32), ’n oud-Kapenaar wat deesdae in New York woon. Alexandra woon ook in New York.

Sy het die verlowing op haar Instagram-blad aangekondig.

Patti Hansen, Alexandra se ma, het op Instagram geskryf; “Sy het ja gesê! Haar ma en pa is gek oor Jacques en baie bly vir Alexandra.”

Hansen was ook bekend vir haar modelwerk.

Alexandra het foto’s op haar Instagram-blad gedeel waar hulle in Hermanus met vakansie was.

View this post on Instagram

??

A post shared by Alexandra Richards (@officialalexandrarichards) on

Jacques en Alexandra is die afgelope twee jaar in ’n verhouding. Hy het modelwerk in New York gedoen en is nou betrokke in die rolprentbedryf.

Luidens Alexandra se webtuiste, www.AlexandraRichards.com, doen sy modelwerk sedert sy 14 jaar oud is. Sy is omgewingsbewus en beywer haar vir skoner oseane.

Keith Richards het onlangs in die tydskrif Rolling Stone gesê hy drink sedert 2017 minder.

Richards is deel van The Rollings Stones saam met Mick Jagger, Ronnie Wood en Charlie Watts.

Meer oor:  Keith Richards  |  Celebs  |  Vermaak  |  Verlowing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.