Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Kendall hou soos ousus groot partytjie ondanks virus

Die model en televisiester Kendall Jenner leer duidelik nie uit ander se foute nie en het soos haar ousus ook ’n groot verjaardagpartytjie gedurende die koronaviruspandemie gehou.

Ousus Kim Kardashian West het sowat ’n week gelede onder hewige kritiek deurgeloop nadat foto’s van haar 40ste verjaardagvierings op sosiale media verskyn het. Nou is Jenner ook aan die ontvangkant oor foto’s van haar 25ste verjaardagpartytjie wat op Halloween gehou is en waarop dit glo lyk asof geen voorsorgmaatreëls teen die virus nie nagekom is nie.

USA Today berig Jenner se partytjie is verlede week gehou ondanks die daaglikse infeksiekoers wat rekordgetalle in Amerika bereik.

The New York Times berig dat die gemiddelde infeksiekoers per dag in die VSA die afgelope twee weke met 44% gestyg het. Die afgelope week is ’n gemiddelde van sowat 85 000 infeksies per dag aangemeld, terwyl die virus reeds meer as 231 400 lewens in Amerika geëis het.

Elle berig Jenner se partytjie in Hollywood, wat gaste soos Justin Bieber, Travis Scott, The Weeknd en Paris Hilton ingesluit het, het glo ’n “geen-sosiale-media-reël” gehad.

Jenner het egter self ’n paar foto’s van die partytjie op Instagram geplaas waarop sy met haar uitrusting as Pamela Anderson se Barb Wire-karakter spog.

View this post on Instagram

Barb voted... your turn!!!

A post shared by Kendall (@kendalljenner) on

Sommige gebruikers van sosiale media het na Jenner gekap en gesê sy is onverantwoordelik en haar partytjie kan tot ’n groot uitbreking lei.

Die Daily Mail het Maandag berig dat Jenner se ma en haar bestuurder, Kris, die partytjie in ’n onderhoud verdedig het. Hulle beweer glo dat al die nodige gesondheidsmaatreëls nagekom is en dat die gaste vooraf vir die virus getoets is.

Meer oor:  Kendall Jenner  |  Kim Kardashian  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.