Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Kiefer Sutherland kry lelik seer op toer van Europa

Die akteur Kiefer Sutherland, ster van die televisiereeks 24, is ernstig beseer toe hy by ’n bus se trappe afgetuimel het.

Sutherland, wat countrymusiek maak en sy baie suksesvolle eerste album, Open Road, verlede jaar nou opgevolg het met ’n tweede uitreiking, Reckless & Me, is tans op ’n konserttoer deur Europa.

Kiefer Sutherland Foto: Getty Images

Sutherland sê in ’n verklaring hy het sy rib ernstig beseer wat dit moeilik maak om asem te haal.

“Ek het op die trappe van my bus gegly, terwyl ek na Denemarke gereis het en my rib ernstig beseer. Dit bemoeilik my asemhaling en maak dit byna onmoontlik om te sing,” sê Sutherland.

Hy is jammer dat hy nie sy laaste drie vertonings sal kan lewer nie, maar sê hy wil die vertonings in September of Oktober lewer wanneer hy terugkom.

“Ek is so jammer vir enige ongerief wat ek aan aanhangers veroorsaak het wat reeds kaartjies gekoop het. Ek sal my bes doen om julle daarvoor te vergoed,” sê Sutherland.

Sutherland het daarna ook die draak met homself op Twitter gesteek toe hy ’n kat wat van die trappe af rol, op sy Twitter-profiel gedeel het.

Hy belowe met dié video dat hy volgende keer versigtiger sal wees wanneer hy by die trappe afloop.

Sutherland was onlangs in die derde seisoen van Designated Survivor te sien, waar hy die rol van pres. Tom Kirkman van Amerika vertolk, berig CNN.

Meer oor:  Denemarke  |  Kiefer Sutherland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.