Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Klein Archie se oom William en tante Kate kom kuier

Klein Archie het uiteindelik sy oom William en tannie Catherine ontmoet, berig die Britse media.

Die eersteling van prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, is verlede Maandagoggend gebore.

Prins Wiliam en Catherine, hertogin van Cambridge, het Dinsdag vir Archie ontmoet, berig Mailonline.

Catherine en William het ná Catherine se verpligting by Bletchley Park na die Sussexe se tuiste, Frogmore-kothuis, gegaan vir die ontmoeting.

Catherine en Harry het Dinsdagmiddag albei afsprake gehad. Die ontmoeting het glo ná hierdie verpligtinge gebeur.

Catherine het nie met leë hande by Frogmore-kothuis opgedaag nie. Skoolkinders het by Blethley Park vir haar sagte speelgoed gegee vir Archie en ook vir William en Catherine se kinders, berig Hello!

Catherine, hertogin van Cambridge, Dinsdag op haar besoek aan Bletchley Park. Foto: Reuters
Prins Harry het Dinsdag op sy besoek aan Oxford ’n pak kaartjies en gelukwenksings by ’n groep skoolkinders gekry. Foto: Reuters

Archie het reeds verlede Woensdag sy ouma- en oupagrootjie, koningin Elizabeth en prins Philip, in Windsor ontmoet.

Sy ouma aan moederskant, Doria Ragland, is byderhand om haar dogter en skoonseun met hul bondeltjie te help. Sover bekend het die Sussexe nog nie ’n babaoppasser aangestel nie, berig die Britse media. Hulle verkies dit om soos Catherine en William die eerste paar weke sonder ’n oppasser oor die weg te kom.

Harry se tante aan moederskant, lady Jane Fellowes, het glo ook reeds vir Archie ontmoet, berig Harper’s Bazaar. Sy en Harry is na aan mekaar. Jane het ook op Harry en Meghan se troue ’n voorlesing in die St. George’s-kapel gedoen.

Archie moet nog sy oupa, prins Charles, en stiefouma, Camilla, hertogin van Cornwall, ontmoet. Charles en Camilla kon weens werksverpligtinge nog nie by die Sussex-gesin uitkom nie.

Harry het Dinsdag op sy besoek aan Oxford vertel dat hy al klaar nie sy lewe sonder sy seun kan voorstel nie. Harry het ook gesê dat sy seuntjie die vorige aand ’n “moeilike nag” gehad het.

Meer oor:  Meghan  |  Prins Harry  |  Catherine  |  Britse Koninklikes  |  Celebs  |  Baba Sussex
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.