Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Klein Archie trek al by oppasser nr. 3

Klein Archie Harrison Mountbattten-Windsor trek al by sy derde oppasser.

Die nuwe oppasser is opgemerk toe sy saam met prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, gesien is toe hulle Nice op ’n kort wegbreek verlaat het.

Volgens The Sun was die eerste oppasser slegs daar om in die eerste weke ná sy geboorte saans na hom om te sien. Die eerste oppasser is volgens bronne laat gaan omdat sy “onprofessioneel” was.

Daar is vroeër berig dat enigeen wat vir die paartjie werk, ’n ooreenkoms moet onderteken om niks oor haar tyd by die paartjie uit te lap nie.

Dié foto is met Archie se doop op 6 Julie vanjaar in die roostuin van Windsor-kasteel geneem. Foto: Getty Images

Die tweede oppasser het slegs saans na die kleinding omgesien.

The Sun se bron sê die derde oppasser is ’n “bestiering” en is sy “absoluut professioneel”. Dié vrou, wat met ’n babasak oor haar skouer op die aanloopbaan in Nice gesien is, sal in Oktober saam met Harry en Meghan na Suid-Afrika reis.

Meghan, Archie en die oppasser sal in Suid-Afrika agterbly wanneer Harry onder meer Angola besoek. Meer besonderhede oor dié toer sal eers later bekend gemaak word.

Dié oppasser woon ook nie by Frogmore Cottage in Windsor in nie, maar het alternatiewe verblyf.

* Die superster Elton John, wat vriende was met Harry se ma, Diana, het vroeër die week tot die paartjie se verdediging gekom nadat die Britse poniepers hulle oor die gebruik van die private straler gekritiseer het. John het in ’n Instagram-plasing gesê dat hy vir die egpaar se gebruik van die private straler betaal het om aan hulle broodnodige veiligheid te verseker.

John sê hy het ook ’n skenking aan ’n organisasie – Carbon Footprint™ – gemaak sodat die vlug koolstofneutraal is. - Bronne: The Sun, The Mirror, The Daily Mail en Harpers Bazaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.