Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Klein William laat Cheetah se hart smelt

Jacques du Toit (25), haker van die Cheetahs en sy vrou, Ilse (24), is in die wolke oor hul eersteling wat Woensdagmiddag sy opwagting gemaak het.

William Jesse du Toit is Woensdag omstreeks 14:00 met ’n keisersnee in die Mediclinic Bloemfontein gebore.

Die klein Cheetah het 3,6 kg by geboorte geweeg en is 52 cm lank.

Die egpaar, wat al langer as twee jaar getroud is, het besluit op die naam William, wat stryder en beskermheer beteken.

Du Toit het die geboorte van sy seun op Facebook met ’n foto en ’n kort boodskap aangekondig: “Vandag het ons ouers van die klein babaseun geword . . . Ons dank God vir die geskenk en mag ons hom leer om ’n geskenk vir ander te wees.”

William du ToitFoto: Jacques du Toit/Facebook

’n Opgewonde Du Toit sê ma en seun het ’n goeie nagrus gehad. Hy kan nie genoeg van sy eersteling kry nie en was reeds verskeie kere by die hospitaal.

Du Toit sê die eerste paar oomblikke ná die geboorte van sy seun was onwerklik.

“Dit was die lekkerste gevoel om William vir die eerste keer vas te hou, onwerklik. Ek raak by die minuut liewer vir hom.”

Hy sê hy kon darem Woensdagaand vir ’n oulaas ’n goeie nagrus inkry, omdat hy geweet het sy vrou en kind is in goeie hande.

Meer oor:  Keisersnee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.