Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Kolfkoning AB verwelkom baba-dogtertjie
AB de Villiers en sy vrou, Danielle, het op 11 November hul eerste dogtertjie, Yente, in die wêreld verwelkom. Foto: Instagram

Daar heers ’n driedubbele vreugde in sy huis nadat AB de Villiers en sy vrou, Danielle, hul derde kind in die wêreld verwelkom het.

Yente de Villiers, die egpaar se eerste dogtertjie, is op 11 November gebore, en haar kolfkoningpa was net betyds terug van die Indiese Premierliga in Dubai, om haar met ope arms te verwelkom.

“Genade onbeskryflik groot. Dankie, Here,” het De Villiers en sy vroutjie op elk van hul Instagram-blaaie by ’n foto van hul nuwe pienkvoet geskryf.

Netwerk24 het vroeër in November berig dat De Villiers nog nie seker was of hy betyds in die land terug sou wees vir sy dogtertjie se geboorte nie. Hy was straks besig om vir die Royal Challengers Bangalore (RCB) punte te maak in die IPL wat vanjaar in Dubai plaasgevind het.

In daardie stadium het De Villiers nog nie sekerheid gehad oor of hulle in die eindronde, wat op 10 November gespeel is, sou meeding nie.

RCB is op 6 November in ’n uitklopwedstryd deur die Sunrisers Hyderabad uitgeboender.

De Villiers, wat die enigste kolwer van RCB was wat iets kon regkry in die wedstryd, het kort ná die nederlaag om verskoning gevra dat die droogte vir sy span voortgaan. Die RCB, met al hul internasionale sterre, kon nog nooit met die IPL-titel wegstap nie.

Daar was darem geluk by die ongeluk, want De Villiers kon toe vroeër terugkeer ná meer as 70 dae op toer en sy vrou tydens die geboorte bystaan.

Die egpaar is ook die trotse ouers van twee seuntjies, Abraham Benjamin, oftewel ook AB (5) en John (3).

Danielle de Villiers toe sy swanger was met Yente. Ouboeties AB (5) en John (3) was hier al reeds baie lief vir hulle sussie. Foto: Instagram
AB de Villiers en sy vrou, Danielle, saam met AB (5) en John (3). Foto: Instagram

Meer oor:  Yente De Villiers  |  Ab De Villiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.