Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Koningin eerste keer met masker gesien

In ’n teken van die tye het koningin Elizabeth Sondag die Britse nasie gelei in die viering van Wapenstilstanddag slegs enkele dae nadat sy vir die eerste keer met ’n masker aan gesien is.

Prins Charles het soos jare reeds die gebruik is, namens sy ma ’n krans ter ere van die gesneuweldes van die Eerste Wêreldoorlog en ander oorloë by die senotaaf in Londen gelê.

Hoewel die gebruiklike seremonie afgeskaal is weens die inperking in Brittanje en die gepaardgaande reël van fisieke afstand, was die mees senior koninklikes daar om hulde te bring aan die duisende soldate wat in oorlogsituasies wêreldwyd gesneuwel het.

Hoewel prins Harry, wat nou in Amerika woon, versoek het dat ’n krans namens hom by die senotaaf gelê word, is dié versoek van die hand gewys, het die Britse Sunday Times berig.

Koningin Elizabeth handhaaf Sondag op die balkon van die departement van verdediging se gebou ter ere van Wapenstilstanddag twee minute van stilte. Foto: Getty Images

Prins Charles en prins William het van die kranse gelê terwyl Boris Johnson, die premier, en ander oudpremiers soos Theresa May en Tony Blair, van ’n afstand toegekyk het.

’n 96-jarige veteraan wat aan die D-dag-landings in Normandië deelgeneem het, was deel van klein groepie mense wat die geleentheid kon bywoon. Die algemene publiek is nie toegelaat nie.

Koningin Elizabeth het saam met ’n hofdame, Susan Jones, op een balkon verskyn, met Catherine, hertogin van Cambridge, en Camilla, hertogin van Cornwallis, saam op een balkon, maar met die gepaste afstand tussen hulle.

Sophie, gravin van Wessex, en haar man, prins Edward, was saam op een balkon.

Die koningin, wat gedurende die Eerste Wêreldoorlog as ’n motorwerktuigkundige diens gedoen het, het Woensdag met ’n besoek aan die Westminster-abdy die eerste keer met ’n gesigmasker in die openbaar verskyn. Foto’s van dié besoek is eers Sondag uitgereik. ’n Ruiker soortgelyk aan haar trouruiker is namens haar op die graf van die Onbekende Soldaat in die abdy geplaas.

Dit is tradisie vir koninklike bruide om hul trouruikers op die graf te laat plaas.

Geen lede van die publiek is by die geleentheid toegelaat nie. Die plegtigheid is ook grootliks afgeskaal in pas met die Britse regering se inperkingsmaatreëls. Foto: Getty Images
Prins Charles het benewens ’n ruiker namens sy ma, ook ’n ruiker as prins van Wallis by die senotaaf geplaas. Foto: Reuters
Sophie, gravin van Wessex, by die somber geleentheid. Foto: Getty Images
Prins William het soos gebruiklik ook ’n krans by die senotaaf gelê. Foto: Getty Images
Prins Edward en sy vrou, Sophie, gravin van Sussex (linkerkantste balkon), koningin Elizabeth en Susan Jones, ’n hofdame wat saam met haar in isolasie in die Windsor-kasteel is (middelste balkon) en Camilla, hertogin van Cornwallis en Catherine, hertogin van Cambridge, was vanjaar die enigste senior koninklikes wat op die balkonne van die departement van verdediging se gebou te sien was. Foto: Getty Images
Koningin Elizabeth, met ’n gesigsmasker wat deur haar stilis Angela Kelly gemaak is, by die ruiker wat namens haar op die graf van die onbekende soldaat geplaas is. Foto: Reuters
Camilla, hertogin van Cornwallis, en Catherine, hertogin van Cambridge, op een van die balkonne gedurende die seremonie. Foto: Getty Images
Catherine, hertogin van Cambridge, was een van die handvol senior koninklikes wat die seremonie by die senotaaf in Londen bygewoon het. Foto: Getty Images
Koningin Elizabeth is verlede week die eerste keer met ’n masker in die openbaar gesien. Sy het van Windsor-kasteel na die Westminster-abdy gereis waar ’n ruiker soortgelyk aan haar trouruiker op die graf van die Onbekende Soldaat in die katedraal geplaas is. Foto: Reuters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.