Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Koningin: Meghan kry ‘nie als wat sy wil hê’

Koningin Elizabeth het voor die koninklike troue van die jaar ingegryp toe Meghan Markle se aandrang om ’n tiara met smaragde te dra, handuit geruk het, berig The Sun eksklusief.

Prins Harry se aandrang dat “Meghan moet kry wat sy wil hê”, waaroor ook Robert Jobson skryf in die biografie oor prins Charles, Charles at Seventy, het die koningin persoonlik laat ingryp.

Volgens The Sun se Dan Wooton was prins Harry woedend toe hy hoor Meghan se versoek om ’n tiara met smaragde te dra, is nie moontlik nie. Volgens Wooton wou Meghan bitter graag ’n tiara met smaragde dra.

Die oorsprong van die tiara is nie seker nie, maar die vermoede is dat dit van Russiese herkoms is.

Die koningin het prins Harry ingeroep toe sy van die onderonsies oor die tiara hoor en glo aan haar kleinseun gesê: “Meghan kan nie alles kry wat haar hart begeer nie. Sy sal die tiara kry waarop ek besluit,” berig The Sun.

Jobson skryf prins Harry was voor die troue kort van draad en met tye onbeskof. Dit was só erg dat die koningin hom ingeroep en met hom gepraat het.

Dit strook met Wooton se bewerings oor die twis oor die tiara en dat die koningin prins Harry ingeroep het.

Volgens Wooton het die koningin ook vrae gehad oor waarom Meghan ’n sluier wou dra, aangesien dit haar tweede huwelik was.

Prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, tydens die koetsrit ná hul troue. Foto: Getty Images

Daar is ook volgens The Sun sprake dat die koningin gesê het Meghan moet let op hoe sy met personeel in die koninklike huishouding praat en dat sy daarop moet fokus om die familieprotokol na te kom.

Wooton gaan sover as om te skryf dat Meghan en Catherine, hertogin van Cambridge, ook ’n onderonsie gehad het oor die hantering van personeel. Catherine is volgens The Sun baie versigtig oor hoe sy teenoor personeellede optree.

Meghan se Hollywood-agtergrond maak haar glo “moeilik”, berig The Sun.

In die opnames wat by die uitstalling van Meghan en prins Harry se trou-uitrustings in Windsorkasteel te sien is, vertel Meghan hoe opgewonde sy was toe sy ’n tiara kon gaan kies. Prins Harry sê ook watter voorreg dit was dat sy ouma vir Meghan ’n tiara uit die koninklike versameling geleen het.

Marlene Koenig, ’n koninklike kenner, sê gewoonlik sal die koningin self op ’n versameling tiaras besluit waaruit ’n voornemende bruid vir haar troue kan kies.

Meghan het uiteindelik besluit op die koningin Mary-diamant-haarband wat die beste by haar gepas het.

Die haarband se fokuspunt is ’n borsspeld wat afsonderlik gedra kan word.

Prins Harry vertel in die stemopnames by die uitstalling “dit is enige meisie se droom om ’n tiara aan te pas.”

“Ek moes nie regtig saamgegaan het nie,” sê die prins in opnames wat by die uitstalling te hoor is, “maar dit was regtig ’n ongelooflike gebaar van my ouma om die tiara vir ons te leen,” berig Majesty nadat sy redakteur, Joe Little, die uitstalling besoek het.

Meghan vertel die opnames hoeveel beplanning daar in die troue ingegaan het.

“Ons het besef hoe groot die skaal van die gebeurtenis sou wees en wou derhalwe keuses uitoefen wat regtig persoonlik en betekenisvol is sodat die hele ervaring meer intiem kon wees.”

Meer oor:  Dan Wooton  |  Tiara  |  Koninklike Familie  |  Meghan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.