Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Koningin sal dalk alleen in roudiens moet sit

Koningin Elizabeth sal heel moontlik alleen in die St. George-kapel vir die begrafnisdiens van haar man, prins Philip, moet sit.

Omdat net sy en Philip (met slegs ’n klein personeel van haar huishouding) ’n bioborrel in die staat van inperking gevorm het, sal nie een van haar kinders of familielede langs haar in die kapel mag sit nie.

Koningin Elizabeth Foto: Getty Images

Kragtens die inperkingsmaatreëlings in Brittanje sal net 30 gaste die begrafnis – buiten die kerklui wat die diens behartig – mag bywoon.

Buckingham-paleis sal die finale gastelys eers Donderdag bekend maak. Van die koningin se neef en niggies sal waarskynlik nie die diens bywoon nie om vir van Philip se getrouste personeel, soos sy persoonlike lyfwag en hofknaap, plek te maak. Hulle sal die diens egter met ’n stromingsdiens in die kapel kan volg.

Die moontlikheid dat een van die koningin se hofdames op die gepaste fisieke afstand van die koningin sal sit, is nie uitgesluit nie.

Almal in die kapel sal ook gesigmaskers moet dra.

Prins Harry, wat Sondag uit Amerika in die land aangekom het en tans ’n tydperk van isolasie in sy Britse woning, Frogmore House, deurbring, sal eers Saterdag met die res van die koninklike familie herenig word.

Harry sal ook twee keer negatief vir die koronavirus moet toets voordat hy Saterdag saam met sy pa, prins Charles, en broer, prins William, agter die kis van sy oupa sal kan stap.

William is tans nog in Norfolk saam met sy gesin.

Anders as Charles, William, prinses Anne en prins Edward sal Harry nie ’n seremoniële uniform mag dra nie. Die koningin het al sy eretitels in die gewapende magte van hom weggeneem toe hy besluit het om as senior werkende koninklike terug te staan. Harry sal wel ’n swart pak met die medaljes wat hy gedurende sy aktiewe diens in die weermag gekry het, mag dra.

Volgens berigte in die Britse media dring prins Andrew glo daarop aan om Saterdag as ’n admiraal in die begrafnisstoet te stap. Hy is tans ’n vise-admiraal en sou verlede jaar deur sy ma bevorder word tot ere-admiraal, maar het besluit om dié toekenning weens die bohaai oor sy vriendskap met die veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein eers van die hand te wys. – Saamgestel deur Arlene Prinsloo

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.