Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Koningin verheug oor Harry, Meghan se Lili

Koningin Elizabeth is verheug oor haar 11de agterkleinkind, Lilibet Diana Mountbatten-Windsor.

Lili, soos sy genoem gaan word, is Vrydagoggend in ’n hospitaal in Santa Barbara, Amerika, gebore. Dis waar prins Harry en sy vrou, Meghan, hertogin van Sussex, sedert middel verlede jaar woon.

Meghan, hertogin van Sussex, en prins Harry. Foto: AP

Die kleinding, die koningin se derde agterkleinkind wat vanjaar gebore is en met ’n vierde op pad, is boonop na die koningin genoem. Elizabeth het glo kleintyd na haarself as Lilibet begin verwys omdat Elizabeth te moeilik was om uit te spreek. Die naam het vinnig ’n familie-noemnaam geword en prins Philip, Elizabeth se eggenoot, wat vandeesweek sy 100ste verjaardag sou gevier het, was een van die laaste mense wat haar nog so aangespreek het.

Die senior koninklikes, onder wie die koningin, prins Charles en sy vrou, Camilla, hertogin van Cornwall, en prins Wiliam en sy vrou, Catherine, hertogin van Cambridge, het Sondagaand almal op hul sosialemediaprofiele die paartjie gelukgewens.

Lili is sonder enige media-ophef Vrydag 4 Junie om 11:40 gebore. Sy het 3,2 kg geweeg.

Ma en dogter was ook reeds tuis voordat die Sussexe deur middel van ’n mediaverklaring die geboorte van hul dogtertjie bekend gemaak het.

Die paartjie het op hul Archewell-webtuiste gesê hulle is geseënd met die geboorte van hul dogter en dat sy “meer is as wat ons ooit verwag het”. Hulle het aanhangers ook bedank vir hul ondersteuning tydens Meghan se swangerskap en versoek dat pleks van om geskenke vir hulle te stuur, donasies aan ’n paar gespesifiseerde liefdadigheidsorganisasies geskenk moet word.

Meghan en Harry gaan nou ruim ouerskapsverlof neem. Harry het kort ná die geboorte van Archie, wat in Mei twee geword het, weer met koninklike verpligtinge begin, terwyl Meghan ’n druk koninklike program gehad het terwyl sy met Archie swanger was.

lili diana mountbatten-windsor
Die mediaverklaring waarmee prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, die wêreld Sondag in kennis gestel het van die geboorte van hul dogtertjie, Lili Diana Mountbatten-Windsor.

Dit was tydens haar eerste swangerskap, het sy in die opspraakwekkende onderhoud met Oprah Winfrey vertel, dat sy selfmoordgedagtes gehad het. Sy en Harry het onder meer aan Winfrey gesê hulle het nie genoeg beskerming en ondersteuning van Buckinghampaleis ontvang nie en hulle het die monargie van institusionele rassisme beskuldig.

Harry se niggies prinses Eugenie en Zara Tindall het vanjaar albei aan seuntjies die lewe geskenk. Prinses Beatrice, Eugenie se suster, verwag later vanjaar haar eersteling.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.