Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Koninklike 4-tal se paaie skei
Prins Harry en prins William. Foto: Getty Images

Die koninklike “egskeiding” van die Cambridges en Sussexe is nou amptelik.

Die stigting van prins William en prins Harry, wat later ook William se vrou, Catherine, en Harry se vrou, Meghan, ingesluit het, sal later vanjaar weer net op prins William en Catherine se werk fokus.

Harry en Meghan sal hul eie liefdadigheidsorganisasie op die been bring, het Kensingtonpaleis Donderdag aangekondig.

Die paleis het beklemtoon die verandering is nodig om elke paartjie se werk en toekomstige rolle te komplementeer.

Gerugte dat alles nie wel is tussen William en sy jonger broer, Harry, nie, doen reeds geruime tyd die ronde.

Harry het meer vryheid in die werk wat hy aanpak as William, wat as toekomstige troonopvolger ’n meer tradisionele rol moet vervul.

Die paartjies, wat deur die Britse pers die “Fantastiese Vier” gedoop is, sal egter wel steeds saamwerk met die Heads Together-veldtog.

Meer oor:  Prins William  |  Prins Harry  |  Liefdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.