Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Koninklike paar is terug in Windsor-kasteel

Koningin Elizabeth (94) en haar 99-jarige man, prins Philip, het Maandag van sy kothuis Wood Farm op die koninklike landgoed Sandringham na Windsor-kasteel teruggekeer, het Buckingham-paleis Maandag bekend gemaak.

Die twee het vanjaar in April tydens die eerste lente-inperking saam in Windsor-kasteel deurgebring. Hulle het in Augustus hul gebruiklike somervakansie op Balmoral in Skotland deurgebring, waarna hulle na Sandringham gereis het. Die prins het daar agterbly toe die koningin weer haar openbare verpligtinge hervat het.

Die koningin het einde Oktober na Wood Farm gereis om by haar man te gaan kuier.

Die egpaar sal op 20 November hul 73ste huweliksherdenking saam in Windsor-kasteel deurbring.

Prins Philip en koningin Elizabeth in 2007 met die viering van hul 60ste huweliksherdenking. Hulle vier vanjaar hul 73ste huweliksherdenking. Die foto is geneem op Broadlands, die voormalige woning van Philip se oupa, lord Louis Mountbatten. Hulle het destyds hul eerste huweliksnag op Broadlands deurgebring. Foto: Getty Images

Die paleis wou Maandag geen nader besonderhede bekend maak oor wat die koningin se Kersplanne behels nie. Al die senior lede van die familie kom gewoonlik op Sandringham vir ’n gesins-Kersfees bymekaar.

’n Tweede inperking begin Woensdag en duur tot in die eerste week van Desember, maar daar is reeds sprake dat dié inperking verleng kan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.