Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Korona-kritiek laat koningsgesin hul vakansie kortknip
Koning Willem-Alexander, koningin Maxima en die prinsesse Amalia, Alexia en Ariana met die jaarlikse fotosessie wat in Julie by hul paleis, Huis ten Bosch, geneem is. Foto: Getty Images

Die Nederlandse koningsgesin se vakansie te midde van toenemende koronavirus-infeksies in Europa het nie net tot ’n vloedgolf kritiek in Nederland gelei nie, maar ook die premier, Mark Rutte, met pap op die gesig gelaat.

Koning Willem-Alexander en koningin Maxima het Vrydag met vakansie na Griekeland vertrek, maar moes ’n dag later weens ’n vloedgolf kritiek na Nederland terugkeer.

Hoewel hulle geen Nederlandse inperkingsreëls verbreek het om na hul Griekse vakansievilla te reis nie, het die Nederlandse regering sy burgers gemaan om sover moontlik tuis te bly en onnodige reise uit te skakel.

Die villa is in die dorp Kranidi, waarvan die koronavirus-status volgens die Nederlandse departement van buitelandse sake tans “matig’’ is, wat beteken Nederlanders kan daarheen reis, hoewel dit riskant is.

Rutte moes Sondag verskoning daarvoor vra dat hy nie by die koning se vakansieplanne ingegryp het nie. Die koning en koningin se vakansie het begin net toe strenger inperkingsmaatreëls in dié land aangekondig is.

Rutte het Sondag in ’n brief aan die parlement gesê hy het “te laat” besef dat die koninklike vakansie nie versoenbaar was met die nuwe inperkingsmaatreëls en die stygende besmettingskoers nie.

Die koninklikes het Vrydag in ’n verklaring gesê: “Ons wil sonder twyfel sê dit is belangrik om die riglyne te volg om die koronavirus in bedwang te bring. Die debat oor ons vakansie dra nie daartoe by nie.” – BBC.com, Hellomagazine.com en Nederlandse koninklike huis.

Meer oor:  Nederland  |  Vakansie  |  Infeksiekoers  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.