Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Kritiek, steun ná Chrissy foto van seun met helm plaas

’n Foto wat Chrissy Teigen van haar babaseun op Twitter en Instagram geplaas het waar hy ’n helm dra om die vorm van sy kop te verander, het ’n groot debat oor dié praktyk ontketen.

John Legend en sy seuntjie Miles sonder sy nuwe helm. Foto: Instagram

Die Amerikaanse model en aktrise wat met die Grammy-bekroonde sanger John Legend getroud is, het gesê mense moet nie jammer voel vir haar ses maande oue seuntjie Miles nie.

John Legend en sy seuntjie Miles sonder sy nuwe helm.Foto: Instagram

Dié soort helm word gewoonlik gebruik om ’n baba wie se skedel plat of skeef is, rond te maak. Omdat ’n baba se skedel taamlik sag is, kan dit vanself of met die hulp van ’n helm verander.

Diegene op Twitter wat meen dié soort helm help nie, het haar skerp gekritiseer, maar daar is ook sterk steun van pediaters en ouers van kinders wat sulke helms gedra het. Daar is ook mense wat dankbaar is dat hul ouers hulle dit laat dra het.

Van hulle het foto’s van hul kinders met so ’n helm geplaas.

Teigen het oudergewoonte teruggekap na haar kritici en gesê ’n fisioterapeut behandel ook vir Miles.

Hoewel Teigen dit nie gesê het nie, word daar wyd bespiegel dat skeefhoofdigheid (plagiosefalie) by hom gediagnoseer is.

Die BBC berig een uit elke vyf kinders word daardeur geraak. Dit word veroorsaak deurdat die baba se skedelbene ongelyk ontwikkel en is, na berig word, maklik om reg te stel.

Meer oor:  Chrissy Teigen  |  John Legend  |  Vermaak  |  Helm  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.