Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Kry rare kalender vir Afrikaans is Groot

Van Suid-Afrika se grootste sangers trotseer hul vrese of geite met ’n reptiel of ’n ander dier op Afrikaans is Groot se nuwe kalender.

Kalender
Corlea Botha Foto: Willem Botha

Op die kalender ten bate van Solidariteit Helpende Hand se #StopHonger-fonds raak Bok van Blerk so bietjie eie met ’n slang, Bobby met ’n papegaai op sy skouer, die Heuwels Fantasties met onder meer apies en ’n krimpvarkie en Steve Hofmeyr met ’n skoonma-se-tong-plant.

Sommige van die kunstenaars was op hul senuwees op stel, maar omdat dit vir liefdadigheid is, het hulle vasgebyt terwyl die sanger Willem Botha die foto’s geneem het.

Kalender
Bobby van Jaarsveld

Die kalender is onlangs by Afrikaans is Groot se konserte in Pretoria bekend gestel.

Die #StopHonger-fonds wil verseker dat 8 000 kleuters nie honger ly nie.

Volgens Johan C. Venter, bemarkingshoof van Coleske Artistis wat Afrikaans is Groot aanbied, is die kalender die idee van Suna Robberts van Image by Suna. As ’n grimeerkunstenaar is sy lankal betrokke by Afrikaans is Groot.

“Sy wou al baie lank so ’n soort projek aanpak,” sê Venter. “En ek hou baie van die konsep, want ’n mens voel dikwels hierdie was ’n wilde jaar vir jou. Karlien het ook oor die projek gesê dat ’n mens soms jou vrese reguit in die oë moet kyk en ek dink dit is wat die kalender simboliseer. ’n Nuwe jaar is mos ook vir ’n mens onbekend. Jy weet nie wat jy alles gaan doen en wat vir jou voorlê nie. Die kalender is ook ’n subtiele en dalk onbewustelike motivering vir mense.”

Kalender
Die Heuwels Fantasties Foto: Willem Botha

Die kalender kos R120.

Stuur ’n e-pos aan info@afrikaansisgroot.co.za om te bestel en vir meer inligting.

Dit is ook te koop by die Kaapse vertonings van Afrikaans is Groot wat van 15 tot 17 Maart in die GrandWest-casino in Goodwood noord van Kaapstad gehou word.

Die kunstenaars wat op die kalender verskyn:

Bobby van Jaarsveld – Januarie

Monique Steyn – Februarie

Jay – Maart

Karlien van Jaarsveld – April

Steve Hofmeyr – Mei

Die Heuwels Fantasties – Junie

Elvis Blue – Julie

Corlea Botha – Augustus

Dewald Wasserfall – September

Bok van Blerk – Oktober

Tarryn Lamb – November

Riana Nel – Desember

Kalender
Karlien van Jaarsveld Foto: Willem Botha
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.