Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: 10 treffendste uitrustings by Grammy-aand

Bekendes se kreatiwiteit is weer in hul uitrustings weerspieël op die 62ste Grammy-prysuitdeling wat Sondag by die Staples Center in Los Angeles gehou is.

- Bronne: BBC, Insider, Elle, Us, Independant, Teen Vogue, Daily Mail, CNN

Priyanka Chopra, aktrise en voormalige Mej. Wêreld, en haar man, die Amerikaanse sanger Nick Jonas. Chopra het geskitter in ’n aandrok met ’n gewaagde halslyn. Die rok is met fraiings en diamanté afgewerk. Nick het ’n bronskleurige pak met bypassende skoene aangehad.Foto: Reuters
Die Amerikaanse sangeres en liedjieskrywer Billie Eilish (18) het vyf Grammy-pryse gewen, onder meer vir beste nuwe kunstenaar en liedjie van die jaar. Sy het ook die album van die jaar gewen vir ‘When We All Fall Asleep, Where Do We Go?’ Sy was in groen geklee en selfs haar oorbelle, gesigmasker en naels het die Gucci-logo op gehad. Foto: WireImage
Trevor Noah
Die Suid-Afrikaans gebore Trevor Noah, komediant en aanbieder van ‘The Daily Show’, het ’n naaswit baadjie aangehad. Foto: Getty Images
Heidi Klum
Die supermodel Heidi Klum het ’n rok van Dundas, ’n Lorraine Schwartz-hangertjie en skoene van Giuseppe Zanotti aangehad. Foto: Reuters
Cyndi Lauper
Die sangeres Cyndi Lauper was swierig in swart geklee. Sy het saam met Camila Cabello opgetree in ’n huldeblyk vir die vervaardiger Ken Ehrlich. Foto: Reuters
 Ariana Grande
Die sangeres Ariana Grande het op die geleentheid opgetree. Sy het ’n duifgrys rok met bypassende handskoene deur Giambattista Valli aangehad. AP
Demi Lovato
Demi Lovato het ’n asemrowende wit aandrok aangehad. Haar voorkoms was eenvoudig en stylvol en die perfekte manier vir dié sangeres om haar terugkeer tot die verhoog te maak. Foto: Getty Images
Tess Holliday
Die Amerikaanse model Tess Holliday was in ’n ‘aarbei-rok’ van Lirika Matoshi geklee. Foto: Getty Images
Lizzo
Die sangeres Lizzo het ’n wit rok en pelsjas aangehad. Haar moulose Versace-rok het twee maande geneem om te maak en is met blinkers afgewerk. Sy het die Grammy vir die beste tradisionele R&B-vertolking, beste kontemporêre album en beste solo-popvertoning gewen. Foto: Getty Images
Jameela Jamil
Die aktrise Jameela Jamil het ’n helderkleurige rok deur Georges Chakra aangehad. Foto: Getty Images
Meer oor:  Trevor Noah  |  Grammys 2020  |  Modes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.