Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: 1ste foto’s van Wincklers se babadogtertjie
wincklerbaba
Heinz Winckler en sy vrou,Aletté-Johanni Winckler, by hul nuwe babadogtertjie. Foto: Tracey Baard Photography

Vrydag, byna drie weke voor haar 40ste verjaarsdag, het Aletté-Johanni Winckler, vrou van die bekende sanger Heinz Wincler, geboorte geskenk aan hul vierde kind – en eerste dogtertjie.

Die paartjie het Vrydagoggend op Instagram en Facebook aangekondig dat Alannah Elize Winckler om 05:20 Vrydagoggend gebore is en 4,04 kg weeg. Sy is 55 cm lank.

“Dit was vinnig, maar baie pynlik,” se Aletté-Johanni op Instagram.

“Dit was bonatuurlik! Ons het ’n dogter. Sy is perfek en ons is God en almal rondom ons ongelooflik dankbaar. Dankie aan almal wat ons ondersteun het en liefgehad het in hierdie tyd.”

Aletté-Johanni het natuurlik geboorte geskenk en was 40 weke en twee dae swanger.

Alannah Elize Winckler Foto: Tracey Baard Photography

“Ek sal ’n dogter grootmaak wat weet hoe waardevol en waardig sy is, sonder die druk van ander se stemme,” se sy op Instagram.

Sy het voor die geboorte van Alannah op Instagram oopgemaak oor haar stryd met haar gewig, veral gedurende haar swangerskap.

“Ek sukkel al met probleme oor my lyf en my gewig sedert ek nege was. Met my tweede swangerskap op 32-jarige ouderdom het ek 20 kg opgetel en met my derde op 34 het ek 25 kg bygekry,” sê sy.

“Soos jy jou kan indink, was ek onmiddellik senuweeagtig toe ek hoor ek is swanger so naby aan 40. Met my geskiedenis was ek bang ek val terug in daardie negatiewe denkpatrone.”

Sy sê dit het aanvanklik toe inderdaad net so gebeur.

“Die eerste paar maande van hierdie swangerskap was ’n warrelwind van besig wees, sakereëlings, reise en aanpassings en ek het stadigaan teruggeval in die patroon van: ‘Ek is swanger, ek kan enigiets eet’,” sê sy.

Maar sy sê sy het op 1 Oktober besluit om op te hou om so te dink.

“Ek het geweet ek het beheer oor wat ek in my mond sit en wat nie! Ek het geweet ek het beheer oor wat ek glo oor my liggaam en wat nie.”

Aletté-Johanni sê: “As my man dink ek is pragtig (en hy dink genadiglik so), waarom moet ek enige druk op myself sit om in iemand anders se boksie te pas?”

Die egpaar het drie seuns: Lian (9), Simeon (7) en Reuben (5). Die gesin woon die afgelope vyf en ’n half jaar in Somerset-Wes in die Wes-Kaap.

Talle bekendes was onder die duisende wat die paartjie met hul nuweling gelukgewens het.

“Baie dankie, Here,” skryf Elana Afrika-Bredenkamp, TV- en radioaanbieder, onderaan Alette-Johanni se plasing. “Welgedaan, Aletté.”

“Wow!” se die sanger Karlien van Jaarsveld, wat self binnekort ook ’n nuweling in die wêreld verwelkom. “Amazing, amazing, amazing!”

heinzbaba
Die Wincklergesin verwelkom die nuwe toevoeging tot hul familie. Tracey Baard Photography

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.