Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Stralende koningin vier 93ste

’n Stralende koningin Elizabeth het Sondag op haar 93ste verjaarsdag die Opstandingsdiens in die St. George-kapel in Windsor bygewoon. 16 ander koninklikes het ook die erediens saam met die monarg bygewoon.

’n Glimlaggende koningin Elizabeth ontvang twee handruikers buite die kapel. Foto: Reuters

Die koninklikes het al geselsend die paadjie langs die kapel afgestap gekom en toe buite ’n sydeur op die koningin gewag wat per motor na die kapel gebring is.

Hoewel daar verwag word dat almal die koninklikes groet, het prins William en prins Harry ’n paar keer verby mekaar beweeg met die groetery, maar nie met mekaar gepraat nie.

Prins Harry, wat eersdaags pa word, se skoonma, Doria Ragland, is glo reeds in Brittanje vir die geboorte van haar eerste kleinkind.

Ander koninklikes wat nie die diens bygewoon het nie, was prins Philip, wat sy aftrede geniet, en prins Charles en sy vrou, Camilla, hertogin van Cornwallis, wat in Skotland is.

Prins Philip is wel die afgelope paar dae in Windsor se groot park gesien, die een keer waar hy sonder ’n sitplekgordel agter die stuur van ’n motor sit en die ander keer toe hy met ’n karretjie gaan ry het. Prins Philip was vroeër vanjaar in ’n motorongeluk naby Sandringham in Norfolk betrokke.

Ná ’n ophef oor hoekom hy op sy ouderdom nog bestuur, het die Buckingham-paleis aangekondig dat hy nie meer op openbare paaie sal bestuur nie.

Die 97-jarige eggenoot van die monarg het Donderdag die langslewende nasaat van koningin Victoria geword.

Die koningin se amptelike verjaarsdag word op die eerste naweek in Junie gevier met die tradisionele Vaandelparade en verskyning op Buckingham-paleis se balkon. Daar word verwag dat die balkonverskyning Meghan, hertogin van Sussex, se eerste koninklike verpligting ná die geboorte van haar en prins Harry se eersteling sal wees.

Prins William en sy vrou, Catherine, het al geselsend na die kapel gestap.Foto: Reuters
Catherine, hertogin van Cambridge, gesels met Zara Tindall, prins Harry se niggie. Foto: Reuters
Peter en Autumn Phillips.Foto: Reuters
Prinses Anne en haar man, Tim Laurence, stap na die kapel toe.Foto: Reuters
Prins Harry, wat eersdaags pa word, het glimlaggend by die kapel aangekom. Foto: Reuters
Diegene wat buite die kerk vir die koningin moes knieknik, het haar nie vroeër die dag gesien nie.Foto: Getty Images
Lady Louise Windsor, een van koningin Elizabeth se kleinkinders, en haar ma, gravin Sophie Wessex, kom by die Windsor-kapel aan. Foto: Reuters
Catherine, hertogin van Cambridge, knieknik vir die koningin. Foto: AP
Catherine, hertogin van Cambridge, knieknik vir die koningin. Van links is Peter Phillips, Amber Phillips, prins Harry, Zarah Tindall, Mike Tindall en prins William. Prins Andrew, prinses Beatrice, prinses Anne en haar man, Tim Laurence, staan regs van die koningin. Foto: Reuters
Koningin Elizabeth het Sondag weer haar geliefkoosde drie stringe pêrels gedra. Foto: AP

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.