Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Aanbieder erken hy verneuk lewensmaat

Alle OutSurance-advertensies van die “Chencha daai ding!”-glanspersoonlikheid Katlego Maboe, sal so gou as moontlik van alle platforms verwyder word nadat ’n video oor sy ontrouheid teenoor sy lewensmaat aan die lig gekom het en wyd op sosiale media versprei is.

Die opname is vermoedelik deur sy voormalige meisie gemaak, maar dit is onduidelik wanneer die video gemaak is en hoe dit op sosiale media beland het.

Maboe en sy lewensmaat was die afgelope jare in ’n vaste verhouding en het in Kaapstad gewoon.

In die opname kan ’n hoogs ontstelde vrou gehoor word waar sy Maboe voor ’n ultimatum stel oor sy ontrouheid.

Maboe het in die opname erken hy was ontrou en het ook Donderdagaand ’n verklaring uitgereik waarin hy dit erken.

’n Skermgreep van die video waarin Katlego Maboe erken dat hy ontrou was. Foto: Verskaf

“Ek het my lewensmaat verneuk in ’n tyd wat baie belangrik vir ons was, iets wat ek tot vandag toe berou,” skryf hy in die verklaring.

Besonderhede oor wanneer die ontrouheid gebeur het, is onduidelik.

Hy en die vrou was in ’n hotel en hulle het die aand daar saam deurgebring, erken Maboe in die video. Hy noem ook die ander vrou se naam. Hy sê hulle het mekaar net een keer só ontmoet.

Volgens hom is hy en die vrou met wie hy in ’n vaste verhouding was, besig om deur ’n pynlike skeiding te gaan met die hulp van hul prokureurs.

“In die lig van die aantygings wat teen my gemaak is, wil ek dit op rekord plaas ek het nooit my lewensmaat mishandel nie,” sê hy.

Maboe voer aan hy was nog altyd ’n kampvegter teen geweld teen vroue en kinders.

“Ek het besluit om hierdie situasie in my private hoedanigheid te hanteer.”

Fabrizia Degli Esposti, Maboe se woordvoerder, sê hy het tyd by die werk afgeneem om hom voor te berei vir die komende hofgeding oor die verbrokkeling van die verhouding in November.

Daarom was hy nie Vrydagoggend op die SAUK se ontbytprogram Expresso te sien nie. Hy tree nog op funksies as gasspreker op, maar daar word nou tyd gemaak sodat hy hom op die regsgeding kan toespits.

“Hy sal vir die voorsienbare toekoms ’n lae profiel handhaaf,” sê Esposti.

Natasha Kawulesar, woordvoerder van OutSurance, het gesê alle advertensies met Maboe daarin “sal so gou as prakties moontlik” verwyder word.

“Ons is bewus van die situasie met Katlego en ons het met hom daaroor gepraat. Ons wil hom en sy familie die tyd en ruimte gun om die situasie self te hanteer.”

Meer oor:  Katlego Maboe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.