Die Suid-Afrikaanse aktrise Simoné Pretorius (Nortmann) is binnekort ’n dogtertjie ryker.
Simoné het Sondag in ’n video op Facebook bekend gemaak sy en haar man, Andries, verwag ’n dogtertjie.
Die video wys hoe die Pretorius-egpaar se vriende en familie van tien aftel terwyl hulle ’n sambreel met ’n rookbom daarin versteek vashou.
Die egpaar trek dan ’n toutjie in die sambreel en pienk rook verskyn voordat die twee mekaar liefderik omhels.
Die egpaar het kort ná die plasing van die video aan Netwerk24 gesê hulle is baie opgewonde en verlig omdat hulle nou die geslag weet.
“Ons het glad nie geweet wat die geslag was totdat ons gister (Saterdag) saam met almal uitgevind het nie,” sê Andries.
“En dit was ’n lang wag,” onderbreek Simoné laggend.
“Ons is baie nuuskierig want ons wil ’n naam kies en ons wou eintlik maar net weet wat die identiteit van ons babatjie is.”
Simoné sê sy het al op agt weke vir Andries gevra of hulle nie bloedtoetse kan doen om uit te vind wat die geslag is nie, “want 16 weke het verskriklik lank gevoel. Dit was regtig iets waarna ons baie uitgesien het.”

Simoné en Andries Pretorius omhels mekaar toe hulle uitvind hulle gaan ’n dogtertjie ryker word. Foto: Facebook
Ons is baie nuuskierig want ons wil ’n naam kies en ons wou eintlik maar net weet wat die identiteit van ons babatjie is.
Andries sê sy pa het vroeg in die swangerskap laat hoor hy dink dit is ’n seuntjie.Simoné sê haar skoonpa was nie die enigste een nie.
“Almal het eintlik vir ons gesê dit is ’n seuntjie.”Sy sê hulle het wel later self begin dink dit is eerder ’n dogtertjie.
“Dit was nie eintlik vir ons belangrik wat die geslag is nie. Ons is nou net opgewonde om te weet dit is ’n dogtertjie.”
Die egpaar sê hulle het reeds naam vir die kleinding, maar wil dit nie nou al bekend maak nie.Pretorius het einde Oktober bekend gemaak sy was toe 12 weke swanger.Sy sê het tot dusver ’n “geseënde en maklike swangerskap. Ek het baie min naarheid en is eintlik maar net moeg. Ek kan regtig in alle eerlikheid sê dit voel vir my amper te maklik.”Dan sê Andries spottend dat hulle “sommer nog ’n klomp gaan kry, aangesien dit so maklik is.”