Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Amal deur VN vereer, maar tweeling steel kalklig

Amal Clooney, George Clooney se vrou, is verlede week deur die Verenigde Nasies vereer as die Global Citizen of the Year, maar ’n skaars foto van haar en Clooney se tweeling het baie meer aandag getrek.

George en Amal Clooney op 5 Desember in New York toe Amal die VN-toekenning in ontvangs geneem het. Foto: Getty Images

Amal is Donderdagoggend saam met die tweeling, Alex en Ella (18 maande) in New York, Amerika, afgeneem. Dit was die oggend nadat sy haar prys van die VN ontvang het. George en Amal Clooney hou hul tweeling meestal uit die openbare oog.

Edward Barsamian, Vogue se moderedakteur, het dié foto van Clooney en die tweeling op sosiale media geplaas. Hy sê haar lewe kan as ’n doelwit vir almal beskou word (#goals). Volgens hom balanseer Amal haar tweeling sonder moeite op elke heup terwyl sy ook die koelste persoon ter wêreld is, ’n bedrewe filantroop en ’n regsgeleerde. 

Amal is vereer vir haar werk as menseregteprokureur. Sy is met die Global Citizen of the Year-prys vereer en het joernaliste vir hul werk bedank. Sy het ook verwys na hoe pres. Donald Trump joernaliste as die “vyand van die mens beskryf”.

Meer oor:  Tweeling  |  Amal Clooney  |  Vn  |  New York
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.