Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Archie kry ’n Afrika-naam!

Prins Harry kon Maandag uiteindelik sy vrou, Meghan, aan Suid-Afrika voorstel.

Die koninklike geselskap het Maandagmiddag skuins ná etenstyd by The Justice Desk in Nyanga, ’n woonbuurt in Kaapstad, aangekom.

Buitelandse korrespondente wat die koninklike toer meemaak, het telkens klem gelê op hoe gevaarlik Nyanga is en die hoë moordsyfer in dié plakkerskamp.

’n Jong meisie het Meghan aan die hand geneem om saam met haar te dans. Prins Harry het laggend toegekyk. Foto: Getty Jackson

Meghan het in ’n rok van Afrika-materiaal en gemaklike platform-sandale langs prins Harry gestap. Haar eko-vriendelik rok van die Malawiese handelsmerk Mayamika was blitsig op Mayamika se aanlyn winkel uitverkoop.

Nie een van die twee was suinig om drukkies uit te deel nie. Die prins het ook ’n armbandjie by ’n klein seuntjie as geskenk gekry.

The Justice Desk

The Justice Desk se leuse is “Wanneer jy ’n vrou slaan, tref jy ’n rots.”

Kontak The Justice Desk hier as jy wil help.

Hul informele verwelkoming het perfek gepas by die nuwe manier van dinge doen wat Harry en Meghan voorstaan. Vir die kleintjies by The Justice Desk is dié organisasie die plek waar hulle leer oor hul regte en hoe om hulself veilig te hou. Jong meisies word ook touwys gemaak in selfverdediging terwyl vroue bemagtig word.

Soos verwag het Meghan en Harry melding gemaak van geweld teen vroue.

“Geen man word gebore om vroue leed aan te doen nie. Dit is aangeleerde gedrag en ons moet dié siklus verbreek,” het Harry onder luide toejuiging gesê.

Hy het op ’n sementblok gestaan met sy toespraak in sy een hand en die mikrofoon in sy ander hand.

Meghan het in haar toespraak gesê sy is dankbaar om die gees van ubuntu te ervaar.

Haar verwysing dat sy benewens ’n koninklike, vrou, ma en van gemengde afkoms ook ’n suster is, is luid toegejuig.

Daar was ’n groot gelag toe Jessica Dewhurst, stigterslid van The Justice Desk, aangekondig het Archie het ’n spesiale Xhosa-naam, Ntsika, gekry. Dié naam beteken steunpilaar. Sy het ook 'n baadjie met 'n kappie as geskenk aan die paartjie gegee. 

Die paartjie sou later die middag die Distrik Ses-museum in die Kaapse middestad besoek.

’n Jong meisie het Meghan aan die hand geneem om saam met haar te dans. Prins Harry het laggend toegekyk. Foto: Getty Jackson
Omstanders moes langer as ’n uur wag om die hertogin te ontmoet. Foto: Getty Images
Daar was geen tekort aan drukkies gewees tydens die prins en hertogin se besoek aan The Justice Desk Maandag in Nyanga nie. Foto: Reuters
Dié seuntjie was gelukkig genoeg om ’n drukkie by Meghan te kry. Foto: Getty Images
Meghan het ’n oorslaanrok van Afrika-lap gedra. Ook die prins was informeel geklee vir hul eerste afspraak van die dag. Foto: WireImage
Meghan het soos prins Harry op ’n sementblok gestaan om ’n kort toespraak te lewer. Foto: Reuters
Die prins was in sy element. Hy het afgesak om oogkontak met al die kleintjies te maak wat nader gestaan het om hom te groet. Foto: Getty Images
Meghan het gesê dit is wonderlik om die gees van ubuntu te ervaar. Foto: Reuters
Die paartjie lag toe hulle ’n geskenk ontvang vir hul eersteling, Archie. Jessica Dewhurst (regs), stigter van The Justice Desk, vertel ’n grappie voordat sy ’n baadjie met ’n kappie vir Archie aan die hertogin oorhandig het. Foto: Getty Images
Een van die dansers wat die prins en sy vrou by The Justice Desk in Nyanga verwelkom het. Foto: Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.