Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: ‘Bachelor’ deel smeulende foto van nuwe meisie

Die tonge het Sondag behoorlik geklap toe die ster van die eerste seisoen van The Bachelor South Africa ’n smeulende foto van sy nuwe meisie in ’n bikini op Instagram gedeel het.

Die vraag op almal se lippe is steeds wie die misterieuse donkerkop is wat Lee Thompson se hart gesteel het.

Hy het in Julie gesê sy verkies om vir eers anoniem te bly en nadat hy Maandag nie op navrae gereageer het nie, blyk dit steeds die geval te wees.

Lee Thompson en sy meisie langs die strand. Foto: Instagram/Lee Thompson

In die foto het sy ’n skrapse swart bikini aan en ’n sonhoed op haar kop. Sy lê langs ’n swembad by die O’Two-hotel in Mouillepunt, Kaapstad, wat ’n praguitsig oor die see het.

In die foto, soos op ander foto’s en video’s wat Lee van haar geplaas het, is haar gesig verbloem.

Verskeie Instagram-rekeninge wat skindernuus oor The Bachelor-sterre plaas, het gevra dat hy nou haar naam moet bekend maak.

In Julie het hy aan Netwerk24 gesê sy is beeldskoon en ook slim aangesien sy ’n dokter is. Hy het gesê hulle het dieselfde sin vir humor en “dis regtig net lekker om saam met haar te wees”.

Volgens een van die skinder-rekeninge spesialiseer sy in oogheelkunde en het gehelp met die sifting van Covid-19-pasiënte gedurende die pandemie. Sy is glo Afrikaanssprekend en ouer as hy.

Die smeulende foto wat hy van haar gedeel het. Foto: Instagram/Lee Thompson

Lee het gesê hulle gaan ’n hondjie kry en het mense gevra om ’n naam voor te stel. Hulle beplan glo om ’n miniatuur-worshond, ’n tefie, te kry.

“Noem haar Luna,” het een aanhanger grappenderwys gesê. Dit is die naam van Marc Buckner, ster van The Bachelor se tweede seisoen, se hond.

“Wat van Jozaan (Digue),” stel iemand anders voor. Dit is die naam van die naaswenner van die reeks waarop Lee was. Hy het vir Gina Myers gekies en Digue het intussen elders liefde gevind.

Voorheen is berig hy en sy nuwe nooi het mekaar al ontmoet nog voordat M-Net se eerste The Bachelor-reeks opgeneem is. Sy het een aand saam met haar vriende uitgegaan en hy saam met syne. Hulle het mekaar by ’n kuierplek raakgeloop en hy het met haar begin gesels.

“Ons het onmiddellik gekliek en baie lekker gesels, maar toe ek haar telefoonnommer vra, wou sy dit eers nie gee nie.

“Sy het later ingegee en ons het ná die aand soms oor die telefoon gesels, maar eintlik kontak verloor toe ek aan The Bachelor deelgeneem het,” het Lee gesê.

“So ’n ruk gelede het ek weer kontak gemaak en daar was uit die staanspoor ’n baie lekker energie tussen ons,” sê Lee. Hy is duidelik baie verlief en sê sy het daardie eerste aand al vir hom uitgestaan.

Meer oor:  The Bachelor Sa  |  Lee Thompson  |  Foto  |  Smuelend  |  Meisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.