Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Bekendes staan bankvas agter die Bokke
Bobby van Jaarsveld

Wen of verloor. Suid-Afrikaners staan bankvas agter die Springbokke wanneer hul Saterdag in die Wêreldbekerrugby-eindstryd teen die Engelse te staan kom.

Bekendes het hul boodskappe aan die Bokke met Netwerk24 gedeel.

Sy trui is groen, sy braaier is groen, sy oë is groen. Hêng, tot sy plakkies en onderbroek is groen!

Bobby van Jaarsveld, sanger, staan bankvas agter die Bokke en het dit Vrydag in ’n video bewys.

“Van die Van Jaarsvelds se huis, wil ons net sê baie sterkte, ons is agter julle, ons is heavy trots op julle. Baie dankie vir alles wat julle vir ons doen; julle bring ’n nasie bymekaar en julle kry soveel dinge reg.”

Anna DavelFoto: Anna Davel/Facebook

Karla Pretorius, Suid-Afrikaanse netbal se goue dogter en oud-Bloemfonteiner, het ook die Bokke baie sterkte toegewens vir die eindstryd. Pretorius, wat tans vir die Sunshine Coast Lightning in Australië speel, sê daar is reeds boerewors en koeksisters by ’n Suid-Afrikaanse winkel vir die geleentheid gekoop.

“Ons en ’n paar ander Saffas het die boerewors reg en kan nie wag vir die wedstryd nie. Ons weet dit sal baie goed gaan en ons is bankvas agter die Bokke. Bokke bo! Altyd so!”

Anna Davel, sangeres, sê sy kan haar hare uit haar kop trek dat sy met die Wêreldbeker-eindstryd moet werk. “Maar my boodskap aan die Bokke is: dankie vir al julle harde werk. Dit is ’n hoogtepunt van jare en jare se oefening en voorbereiding. Go Bokke!”

Karen Zoid, sangeres, sê sy het net drie woorde, en dit is “wen, wen, wen!”

Karen ZoidFoto: Karen Zoid/Facebook

“Springbokke, die hele Suid-Afrika draf saam met julle op die veld. As ondersteuners, motiveerders en trotse Suid-Afrikaners. Bring hom huis toe, ons weet julle kan,” lui Rolene Strauss, voormalige Mej. Wêreld en Mej. Suid-Afrika, se boodskap aan die Bokke.

Die Cheetahs sal voor die afskop van hul wedstryd in Llanelli, Wallis, teen die Scarlets saam na die eindstryd kyk.

Oupa Mohoje, die Cheetahs se Springbok-flank, het die Bokke sterkte toegewens en gesê hulle as span is 100% agter die span in Groen-en-goud.

Die Springbok-skrumskakel Ruan Pienaar het in ’n videogreep saam met ander Cheetah-spelers gesê ook hulle staan bankvas agter die Bokke, terwyl die res van die span hardop Bokke uitgeroep het.

Harold Verster, uitvoerende hoof van die Cheetahs, sê die hele land hou duimvas vir die Bokke om teen die Engelse te wen. Hy sê hulle is trots op hul Vrystaat-seuns, Rassie Erasmus en Jacques Nienaber.

“Ons hou styf duimvas en het volle vertroue in Rassie se slim planne en die Bokke se wedstrydplan.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.