SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Caitlyn Jenner wys bikinilyf in realiteitsreeks

Die transgender-TV-ster Caitlyn Jenner het die klere tydens die realiteitsreeks I’m a Celebrity . . . Get Me Out of Here! laat waai en die oë laat rek toe mense sien hoe goed sy in ’n bikini lyk.

Die transgender-TV-ster Caitlyn Jenner. Foto: Getty Images

“Ek het reeds in 2003 aan dié reeks deelgeneem. Die Amerikaanse weergawe. Dis 16 jaar gelede. Ek het betreklik goed gevaar en tot by die eindronde gevorder, maar dit was Bruce. Vandag . . . Caitlyn is hier! Ek wonder nogal hoe sy sal vaar!”

Jenner het in 2015 die oorgang van Bruce Jenner, wat in 1976 ’n goue Olimpiese medalje as tienkampatleet gewen het, na Caitlyn Jenner ondergaan. Bruce het ook in 2003 aan die Amerikaanse weergawe van dié Britse televisiereeks deelgeneem.

“Die enigste rede hoekom ek teruggaan, is omdat ek ’n paar ponde wil verloor sodat ek in my uitrusting kan pas,” sê Jenner skertsend aan die kamera, maar besef ook dat hul hare en grimering nie gedoen gaan word nie.

Jenner sê sy het in minstens 500 episodes van Keeping Up with the Kardashians verskyn.

Sy is die stiefouer van Kourtney, Khloé en Kim Kardashian, terwyl sy haar eie kinders, Kendall en Kylie, het.

Die eerste episode van die Britse weergawe van I’m a Celebrity . . . Get Me Out of Here! is Sondag uitgesaai.

Caitlyn Jenner in ’n bikini in die eerste episode van ‘I’m a Celebrity . . . Get Me Out of Here!’. Foto: Skermgreep


Meer oor:  Caitlyn Jenner  |  Bikinilyf  |  Realiteitsreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.